Antonin Scalia (11 Maart 1936 in Trenton, New Jersey – 13 Februarie 2016 by Marfa, Texas) was 'n regter van die hooggeregshof van die Verenigde State.
Hy word in 1986 in die amp benoem. Hy was 'n baie konserwatiewe lid van die hof van nege regters wat in die Amerikaanse regsstelsel 'n groot rol speel omrede hulle wette aan die Amerikaanse grondwet kan toets en nietig verklaar. Scalia het 'n meer letterlike interpretasie van die grondwet geneem, wat die klem gelê het op wat die moontlike bedoelings van die sogenaamde Founding Fathers in die jare 1790 kon gewees het. Hy het gesê dat hy 'n dooie grondwet verkies bo 'n lewendige een wat mettertyd verander. Sy aanwesigheid in die hof oefen baie groot invloed uit op die wet en denke oor die wet. Sy skerp opmerkings oor liberale ideë word deur 'n generasie van jong konserwatiewes oorgeneem.
Sy dood in 2016 sorg vir 'n politieke probleem. Dit is die laaste jaar van Barack Obama se presidentskap en die hof is 5-4 verdeel tussen konserwatief en liberaal. Die Republikeine in die Kongres kondig aan dat 'n kandidaat wat Obama voorstel om die oop plek op te vul geblokkeer gaan word tot 'n nuwe president verkies word in Januarie 2017. Die Republikeine vrees dat Obama die karakter van die hof hiermee in 'n liberale rigting kan swaai.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Amerikaners Kategorie:Regters Kategorie:Geboortes in 1936 Kategorie:Sterftes in 2016