Die tierklipkabeljou (Epinephelus posteli) is 'n vis wat voorkom in suidelike Madagaskar, Mosambiek en KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Tiger rockcod.

Identifikasie Die vis word tot 100 cm lank. Van ver af lyk die vis rooi, maar die lyf is bedek met klein, onreëlmatige rooibruin kolle wat geskei word deur ligter spasies tussenin. Vier ligte, nou strepe verskyn soms op die agterkant van die vis afhangende van sy gemoedstoestand.

Die vis leef in aflandige koraalriwwe in water wat 5 tot 50 m diep is. Hulle is alleenlopers en rus soms op die koraalrif. Die vis vreet klein vissies en skaaldiere.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Verwysings

Kategorie:Beenvisse