|} Serium is 'n chemiese element met simbool (Ce). Dit is die mees algemene element van die lantanoiede en ook die eerste wat in suiwere vorm vervaardig is. William F. Hildebrand het dit in 1875 gepubliseer.The Lanthanides Elements (Marshall Cavendish Benchmark), Marshall Cavendish, 2007, ,
Vervaardiging Die element kan uit 'n mineraal bastnäsiet verkry word, maar dit kom ook voor in pikblende, 'n bekende uraanerts en in monasiet wat ook ander lantanoiede bevat.
Chemiese eienskappe Serium onderskei hom van ander lantanoïede omrede van sy vermoë om vierwaardige verbindings te vorm. Dit hang saam met die feit dat die elektronkonfigurasie van 'n neutrale seriumatoom in sy grondtoestand [Xe]6s5d4fis. Gewoonlik vorm Ln-metale met fluoor driewaardige fluoriede omdat hulle die s- en d-elektrone verloor maar nie hulle f-elektrone nie. Serium reageer teen kamertemperatuur verder en verloor sy een f-elektron:
Serium is nie heeltemal uniek nie. Terbium kan ook vorm maar dit vereis temperature van 300-400 °C.
Die oranjegeel -ioon is stabiel in water. Dit is 'n sterk oksideermiddel en word in redoks-titrasies gebruik. Die -ioon is kleurloos.
Gebruik Legerings 'n Allooi van ontrent 40% Ce, 25% La en 25% ander lantanoiede wat uit die ertse verkry word, word mischmetal genoem en dit word gebruik in aanstekers om vonke te veroorsaak. Dit word ook in die staalnywerheid gebruik. Katalise Serium in die vorm van serium(IV)oksied word vir die selektiewe katalitiese reduksiereaksie van -gas gebruik. Hierdie SKR-reaksie behels:
is 'n belangrike vorm van lugbesoedeling.
Verwysings
Eksterne skakels
webelements.com Serium
Kategorie:Chemiese elemente