Die bruinspikkel-klipkabeljou (Epinephelus chlorostigma) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, Indiese-Stille Oseaan area, die Rooisee en langs die ooskus van Afrika tot by die suide van KwaZulu-Natal. In Engels staan die vis bekend as die Brownspotted rockcod.

Identifikasie Die vis word tot 75 cm lank. Die vis se lyf en vinne is ligbruin met donker, seskantige kolle wat digby mekaar is en die vis 'n net voorkoms gee. Die rant van die stertvin het nou, wit rand.

Die vis leef in aflandige koraal- en rotsriwwe asook seegras beddings in water wat 4 tot 150m diep is. Hulle kom meer voor in die dieper riwwe. Die vis is 'n alleenloper en vreet vis, krappe en tjokka.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bron The Reef Guide: Fishes, corals, nudibranchs & other invertebrates: East & South Coasts of Southern Africa. Dennis King & Valda Fraser. Struik Nature. 2014

Eksterne skakel http://www.fishbase.org/summary/Epinephelus-chlorostigma.html

Kategorie:Beenvisse