Sandlane is 'n nedersetting en grenspos in Eswatini op die grens met Suid-Afrika; aan die Suid-Afrikaanse kant is die grenspos bekend as Nerston. Die grenspos is tussen 08:00 en 18:00 oop.

Die nedersetting lê op die MR19-pad 40 km suidwes van die hoofstad van Eswatini, Mbabane.

Verwysings

Fitzpatrick, M., Blond, B., Pitcher, G., Richmond, S., and Warren, M. (2004) South Africa, Lesotho and Swaziland. Footscray, VIC: Lonely Planet.

Kategorie:Nedersettings in Eswatini