Die Kaapse rivierpadda (Amietia fuscigula) is 'n padda wat in die suidelike, westelike en sentrale gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Hierdie padda leef in snelvloeiende strome en is 8 – 12 cm lank. Die padda is vaartbelyn met 'n gepunte snoet. Die agterbene is lank en sterk en die tone het uitgebreide swemvliese. Die kleur op die rug wissel en daar is dikwels 'n dun middelstreep op die rug. Hulle vreet hoofsaaklik insekte.

duimnael|links|'n Kaapse rivierpadda

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Paddas