Die gewone rivierpadda (Amietia angolensis) is 'n padda wat in die suidelike, oostelike en noordelike gedeeltes van Suid-Afrika voorkom. Dit is een van die min paddas wat in die wintermaande aktief is. Die padda is groen of bruin met donker kolle en vlekke en 6 – 8 cm lank. Die snoet is gepunt en die agterpote is lank en sterk. Hulle vreet meestal insekte. Hulle leef in strome, poele en tuindammetjies.

duimnael|links|'n Gewone rivierpadda duimnael|links|Die een rus op 'n blaar

Bron Natuurlewe van Suid-Afrika Duncan Butchart Struik Nature 2012

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Paddas