Alma is 'n klein dorpie suid van Vaalwater geleë in die Limpopoprovinsie in die noorde van Suid-Afrika.
Geografie Die gebied noord van die Waterberg word omring deur groen-grys bosveldplantegroei en 'n paar privaatwildreservate is in die malariavrye gebied geleë. Die Mokolorivier ontspring naby Alma by die samevloeiing van die Sandrivier met die Grootspruitrivier in 'n platterige, oop gebied met talle koppies, voordat dit deur 'n steil kloof bokant die dorp Vaalwater uitvloei.
Die dorpie word bedien deur Laerskool Alma, 'n primêre en vroeë sekondêre skool 24 kilometer (15 myl) van Vaalwater geleë.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Limpopo