Prof. Barrie Bierman(n) (1924–1991) was 'n Suid-Afrikaanse argitek en kampvegter vir die bewaring vir Suid-Afrika se argitektoniese erfenis.Doyen van argitekte in sy huis dood aangetref, Die Burger, 6 April 1991

Biermann is in Tweespruit in die Vrystaat gebore en het ook daar skoolgegaan. Hy studeer argitektuur aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy sy doktorsgraad verwerf. Daarna het hy vir 37 jaar as lektor in die Argitektuurgeskiedenis en later hoogleraar aan die Universiteit van Natal gedien.

Hy het in die sestiger- en sewentigerjare verbete teen ontwikkelaars wat Constantia wou onderverdeel en herontwikkel geveg. Hy het selfs die destydse administrateur, mnr. J.N. (Nico) Malan in Die Burger aangevat omdat hy die ontwikkelaars gesteun het. Die behoud van Constantia as landelike omgewing is grootliks aan sy ywer te danke.

Hy het in Kaapstad voor die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gesê: 'n Vloek rus op die arbeid van die sloper. Volgens hom is die Bo-Kaap, 'n opelug-museum van die land se argitektoniese ontwikkeling. Dit is dus iets wat vir die nageslag bewaar moet word.

Prof. Biermann was ook die skrywer van 'n aantal kundige verslae en artikels vir veral argitektuur-tydskrifte. Sy boek, Boukuns in Suid-Afrika, geniet steeds groot aansien onder bewaringskundiges.

Sy eie woonhuis in Durban was ’n eenvoudige huis met ’n binnehof, aangepas by en in harmonie met die subtropiese KwaZulu-Natalse klimaat.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Van sy werke Boukuns in Suid-Afrika – 'n beknopte oorsig van ons boustyle en bouwyse; geskryf en afgebeeld deur B. E Bierman; Kaapstad: Balkema, 1955 Rooiwyn in Suid-Afrika deur Barrie Biermann; Kaapstad: Buren, 1971 Built form and culture: essays in honour of James Walton

Verwysings

Eksterne skakels Biografiese inligting op artefacts.co.za Huis Biermann

Kategorie:Suid-Afrikaanse akademici Kategorie:Suid-Afrikaanse argitekte Kategorie:Afrikaners Kategorie:Geboortes in 1924 Kategorie:Sterftes in 2017