Ögedei Khan (Mongools: Өгөөдэй; omstreeks 1186 – 11 Desember 1241) was die derde seun van Djengis Khan en die tweede Groot Khan van die Mongoolse Ryk. Hy het die uitbreiding van die ryk voortgesit wat onder sy pa begin is en was ’n wêreldfiguur toe die ryk sy verste uithoeke bereik het tydens die Mongoolse inval in Sentraal-Europa en Oos-Asië.John Joseph Saunders The History of the Mongol Conquests, p.74 Nes al Djengis se seuns was hy in ’n groot mate betrokke by die verowerings in China, Iran en Sentraal-Asië. Koeblai Khan, wat die Yuan-dinastie gestig het, het hom later die Sjinese tempelnaam keiser Taizong van Yuan gegee.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Mongoolse khans Kategorie:Geboortes in 1186 Kategorie:Sterftes in 1241