Leon Rousseau (1931–2016) was ’n uitgewer en saam met Koos Human medestigter van die uitgewersfirma Human & Rousseau. As Afrikaanse skrywer word hy veral bekend vir sy wetenskapfiksie-reeks oor Fritz Deelman en sy biografie oor Eugène Marais, “Die groot verlange”, waarmee hy die CNA-prys verwerf.
Lewe en werk regs|duimnael|180px|Rousseau se oupa ds. P.D. Rossouw was moontlik die eerste predikant wat in Afrikaans gepreek het en die eerste van wie Afrikaanse preke in druk verskyn het.
Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore as die jongste kind van Pierre Daniël Rousseau en Elisabeth Anna Luise Gerdener. Pierre Etienne Rousseau, sy broer en die stigter van Sasol, is 21 jaar ouer as hy en sy jongste suster is 13 jaar ouer as hy. Sy voornaam kry hy van kmdt. Lion Cachet, onder wie sy pa in die Anglo-Boereoorlog geveg het. Sy moeder se oupagrootjie is ds. M.C. Vos, wat in 1819 sy herinneringe in briefvorm opgeteken en na sy vriend ds. S. van Breuningen gestuur het wat dit in 1824 in Amsterdam in druk laat verskyn het onder die titel: Merkwaardig Verhaal aangaande het leven en de lotgevallen van Michiel Christiaan Vos, als predikant der Hervormde Christelijke Gemeente op onderscheidene plaatsen in Nederland, Afrika en Azië; van zijne jeugd af tot den tijd van zijn Emeritusschap: door hem zelven in den jare 1819 briefsgewijze aan eene vriend medegedeeld.
Sy grootvader aan vaderskant was ds. P.D. Rossouw, predikant van die NG gemeentes Uniondale, Steynsburg, Franschhoek en Fraserburg (waar hy in 1896 oorlede is). Reeds op 4 Oktober 1878 het 'n brief van ds. Rossouw in Die Afrikaanse Patriot verskyn waarin hy die publikasie van preke in Afrikaans in die blad bepleit het. Skaars drie maande later, op 10 Januarie 1879, het Die Afrikaanse Patriot dan ook 'n Afrikaanse preek van ds. Rossouw gepubliseer, die heel eerste keer dat 'n Afrikaanse preek in druk verskyn het. Nienaber, P.J. 1949. Hier Is Ons Skrywers! Biografiese Sketse van Afrikaanse Skrywers. Johannesburg: Afrikaanse Pers-Boekhandel. Sy Afrikaanse preke is in 1881 in boekvorm uitgegee onder die titel "Godsdienstige stukke". Ds. Rossouw het self sy kinders as Rousseau gedoop; vandaar Leon Rousseau en sy vader se van. Sy moeder, Elisabeth Anna Luise (née Gerdener, 1887–1966), was 'n jonger suster van die teoloog en geskiedskrywer prof. dr. G.B.A. Gerdener. Besonderhede van haar op geni.com. URL besoek op 25 Februarie 2016. Die kleurryke politikus Theo Gerdener was 'n neef van Rousseau.
Hy word groot in Oranjezicht in Kaapstad en gaan skool aan die Laerskool Jan van Riebeeck. Na standerd ses (destyds die laaste standerd van die laerskool) is hy vir twee jaar na die Hoërskool Gimnasium in die Paarl, waar hy in die koshuis bly. Hy keer daarna terug na Kaapstad en die Hoërskool Jan van Riebeeck, waar hy in 1947 in die eerste klas matrikuleer. Op skool was hy groot vriende met Erni Grosskopf, seun van die skrywer E.B. Grosskopf.
Vanaf 1948 studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy aan die einde van 1950 sy B.A.-graad verwerf, waarna hy vir vier maande tandheelkunde bestudeer aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg. Hierdie studie staak hy egter en hy begin daarna vir vyf jaar tot 1956 ’n loopbaan in joernalistiek by Die Burger. By die koerant is hy in hierdie tyd om die beurt verslaggewer, vertaler, subredakteur en skrywer van die “Van alle kante”-rubriek. In Oktober 1956 verlaat hy die koerant om vryskutwerk te doen.
In 1959 begin hy en Koos Human die uitgewery Human & Rousseau. Van sy bekendste werke is die jeugreeks Fritz Deelman. In 1974 publiseer hy die biografie van Eugène Marais, Die groot verlange, waarvoor hy in 1975 die CNA-prys ontvang.Profiel op nb.co.za , besoek op 24 Desember 2014 Die Storieman-reeks het in 1983 begin toe hy ’n eksemplaar van die Britse Storyteller in die CNA gesien het. Die eerste oplaag van 35 000 van Storieman Deel 1 het binne 18 maande uitverkoop. Kassette is met ’n karton aan die boeke vasgeheg. Benewens algemene skryfwerk begin hy ook om boeke te skryf (die “Fritz Deelman”-reeks) en redigeer boeke vir Tafelberg-Uitgewers. So ontmoet hy vir Gerrit van Zyl (die skrywer Gerrie Radlof), wie se boeke hy namens Tafelberg-Uitgewers redigeer. Hulle begin saam ’n onderneming deur ’n bankrot persagentskap, Afritopics, te koop. Hulle verander die naam en vestig sodoende die vertaalburo en reklame-agentskap, Uniale Persdiens, met kantore in die Volkskas-gebou in Adderleystraat. Na ’n ruk koop hy vir Gerrit van Zyl uit en maak sy geld hoofsaaklik deur buitelandse foto’s en artikels aan plaaslike blaaie te verkoop en deur vryskutwerk.
Net nadat hy in die sestigerjare begin met ’n biografie oor Eugène Marais, is hy in ’n ernstige motorongeluk betrokke waarin ’n senuwee in sy linkerarm afgesny is, wat sy tikvermoë permanent belemmer. Rousseau het baie Engelstalige kinderboeke na Afrikaans vertaal: Madeleine se redding (Ludwig Bemelmans, 1972), Charlotte se web (E.B. White, 1980) en Die kat kom kuier (Dr. Seuss). Wanneer Human en Rousseau in 1977 deur Nasionale Pers gekoop word, begin hy in 1979 sy eie uitgewery, naamlik Ibis-pers. In 1980 het hy ’n ernstige hartaanval, maar herstel weer en stig dan in 1982 naas Ibis die nuwe uitgewery, Rubicon Pers. Die bekendste uitgawes van sy nuwe uitgewery is die “Storieman”-reeks, bestaande uit boeke en klankkassette (later CD’s).
In Kaapstad woon hy op ’n stadium in Leinster Hall, ’n herehuis wat lank in die besit van die Hofmeyr-familie was en in 1983 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar is. Daarna woon hy onder meer in Kampsbaai en dan langs Zeekoevlei in die Suid-Skiereiland, waarna hy in April 2005 na Jeffreysbaai in die Oos-Kaap verhuis om naby twee van sy dogters te woon. Hy was lid van die Afrikaanse tak van die internasionale skrywersorganisasie PEN.
Hy trou in 1954 met Winifred Louise Schumann, maar hulle is in 1977 geskei. Uit hierdie huwelik word vier kinders, twee seuns en twee dogters, gebore. Na sy egskeiding trou hy weer, hierdie keer met Marieka Strauss Pienaar (kleindogter van E.B. Grosskopf asook 'n broerskind van die VP-leier adv. J.G.N. Strauss) en een kind, die dogter Marie-Louise, word uit hierdie huwelik gebore. Op 1 Oktober 2008 trou hy met die digter Marié Blomerus en hulle woon in haar huis in Mossiestraat in Silverton in Pretoria. Hy trek egter later weer terug na Jeffreysbaai. Leon is op 24 Februarie 2016 in Jeffreysbaai oorlede. Rousseau, wat op Jeffreysbaai afgetree het, is oorleef deur sy kinders Pierre, Chris, Louise, Leontine en Marie-Louise, en agt kleinkinders. Sy gedenkdiens is op 4 Maart 2016 in Constantia, Kaapstad, gehou.
Skryfwerk Ongetwyfeld sy belangrikste werk is die biografie Bekker, Pirow “Beeld” 27 November 1974“Die groot verlange”Botha, Elize “Tydskrif vir Geesteswetenskappe” Jaargang 20 no. 4, Desember 1980 oor die digter en natuurwetenskaplikeBouwer, Alba “Sarie Marais” 12 Maart 1975 Eugène N. Marais, wat hierdie komplekse persoonlikheid in sy vele fasette belig.Brink, André P. “Rapport” 5 Januarie 1975 Die boek bevat die resultaat van indringende navorsing oor baie jare,Brink, André P. “Voorlopige Rapport” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 1976 insluitende voorheen onbeskikbare materiaal wat hy van die digter se enigste seun verkry.Kannemeyer, J.C. “Uit puur verstrooiing” Inset-Uitgewers Stellenbosch Eerste uitgawe Eerste druk 2007 Hierdie boek oefen groot invloed uit op die metode van latere biografie-skrywers,Snyman, N. “Tydskrif vir Letterkunde” Nuwe reeks 13 no. 4, November 1975 veral deur sy self opgesette oogmerke van leesbaarheid en waarheidsgetrouheid. “Die groot verlange” verower in 1974 die C.N.A.-prys en hy vertaal dit ook in Engels asM.S. “Die Burger” 29 September 1982 “The dark stream”. Benewens hierdie biografie is hy redakteur van Marais se “Versamelde werke” en skryf hy “Eugène Marais and the Darwin syndrome”. Hierin wy hy uit oor Marais as natuurwetenskaplike en vergelyk Marais se ontdekkings in die diereryk met dié van Charles Darwin. Die skrywer toon aan dat Marais se beroemdheid wêreldwyd sou gestrek het indien “The soul of the ape” gepubliseer is direk na voltooiing daarvan in 1919 en nie eers in 1969 nie, aangesien Marais dan verseker die eerste sou gewees het wat hierdie verreikende insigte bekend gemaak het. InVenter, L.S. “Beeld” 4 Desember 2000 “Die dowwe spoor van Eugène Marais” (aanvanklik in een band gepubliseer saam met “Eugène Marais and the Darwin syndrome” bespreek hy inligting wat ná publikasie van die biografie bekend geword het, asook die verhouding tussen Marais en sy seun.Anoniem “Rapport” 21 Augustus 2011Breytenbach, Kerneels “Die Burger” 5 Mei 1983Cloete, T.T. “Beeld” 20 November 2000Oosthuizen, Mia “Rapport” 5 Januarie 2014
Die mynveld van evolusionêre teorie, godsdiens en filosofie is die tema inGibson, Gilbert “Rapport” 6 Augustus 2006 “Die groot avontuur”,Jordaan, Wilhelm “Tydskrif vir Letterkunde” Jaargang 44 no. 1, Herfs 2007 wat aan die leser ’n maklik leesbare voëlvlug oor die begin van lewe op aarde en die ontwikkeling daarna gee.Lategan, Andries “Beeld” 16 Oktober 2006 Vir hierdie boek is dit duidelik dat hy baie wyd gelees het Wiese, Tobie “Insig” Oktober 2006 en hy lewer dan ’n groot bydrae tot die populêr-wetenskaplike Afrikaanse werke oor hierdie grootse onderwerp. In 2007 word “Die groot avontuur” met die Recht Malan-prys vir nie-fiksie bekroon. In 1992 begewe hy hom op die politieke gebied met sy boek “’n Toevlug in die Weste”, waarin hy voor die koms van demokrasie ’n billike verdeling van die land bepleit. “PER 80” is ’n gedenkalbum vir sy broer Pierre Etienne Rousseau, die stigter van Sasol.
Sy gedigte “Kypielied” en “Marietjie van die Kaap” word opgeneem in die versamelbundel “Nuwe verset”, wat hy in samewerking met Daniël Hugo en Phil du Plessis saamstel. Hy skryf ook die handboek vir ouers, “Gee u kind ’n voorsprong”. Hy vertaal ’n groot aantal werke in Afrikaans, meestal kinder- en jeugboeke, maar ook ’n paar boeke vir volwassenes. Hierdie vertalings sluit in Thomas Pakenham se “The Boer war”, “Die kort en maklike pad na effektiewe redevoering” van Dale Carnegie en “Die vyfde ruiter” deur Larry Collins en Dominique Lapierre.