Die Reina Prinsen Geerligs-prys was 'n literêre prys wat jaarliks toegeken is. Die prys is in 1946 deur die skrywer Reina Prinsen Geerligs (1922–1943) se ouers ingestel. Geerligs het in die Tweede Wêreldoorlog omgekom en haar ouers wou hul herinnering aan haar op die manier gedenk. Die prys is aan jong letterkundiges van 20 tot 25 jaar uitgereik. Dit is vir die laaste keer in 1979 toegeken.

Die prys is aan verskeie Nederlandse skrywers toegeken, onder andere aan: Harry Mulisch, Gerard Reve, J. Bernlef, Remco Campert en Leon de Winter. Verskeie Afrikaanse skrywers is ook met die prys vereer, insluitende: Antjie Krog, Breyten Breytenbach, André P. Brink en Ina Rousseau.

Lys van wenners Nederlandse skrywers 1979 – Leon de Winter vir De (ver)wording van de jongere Dürer 1978 – nie uitgeskryf nie 1977 – nie toegeken nie 1976 – Jotie T'Hooft vir Junkieverdriet 1976 – Oek de Jong vir De handen van Moeskops 1975 – nie toegeken nie 1974 – nie toegeken nie 1973 – Frans Kusters vir Jouw goedheid 1972 – Willem Jan Otten vir Een zwaluw vol zaagsel 1971 – nie toegeken nie 1970 – Arie van den Berg vir Mijn broertje kende nog geen kroos 1969 – nie toegeken nie 1968 – Hans Vlek vir Een warm hemd vir de Winter 1967 – Eddy van Vliet vir Duel 1966 – nie uitgeskryf nie 1965 – Henk van Kerkwijk vir Geweer met terugslag 1964 – Kees Holierhoek vir Slow -quick -quick -slow 1963 – nie toegeken nie 1962 – Steven Membrecht vir Het einde komt vanzelf 1961 – Peter van Gestel vir Vier verhalen 1960 – A.P. van Hoek vir Duitsland nu 1959 – J. Bernlef vir Kokkels 1958 – nie toegeken nie 1957 – nie toegeken nie 1956 – Winny Pendèl vir Ik ga weg tot ziens 1955 – W.G. Klooster vir Zonder het genadige einde 1954 – Henk (Romijn) Meijer vir Consternatie 1953 – Remco Campert vir Berchtesgaden 1953 – Ellen Warmond vir Proeftuin 1952 – Kees Stempels vir De glazen bol 1951 – Harry Mulisch vir archibald strohalm 1950 – Jan Blokker vir Séjour 1949 – Willem Wittkampf vir Het kanon 1948 – Mies Bouhuys vir Ariadne op Naxos 1947 – Gerard Kornelis van het Reve vir De avonden

Afrikaanse skrywers duimnael|Ina Rousseau (1953) Naas die Reina Prinsen Geerligs-prys vir Nederlandse literatuur is die prys ook 'n paar keer aan Suid-Afrikaanse skrywers uitgereik: 1976 – Antjie Krog 1971 – Fanie Olivier 1968 – Breyten Breytenbach vir Die huis van die dowe 1965 – André P. Brink vir Lobola vir die lewe & Die ambassadeur 1962 – Abraham H. de Vries vir Hoog teen die heuningkrans & Verlore Erwe & Vetkers en neonlig 1956 – Peter Blum vir Steenbok tot Poolsee 1953 – Ina Rousseau

Kategorie:Letterkundige toekennings Kategorie:Nederlands