Berke Khan (oorl. 1266) (ook Birkai; Mongools: Бэрх хаан, Tataars: Бәркә хан) was die heerser van die Oeloes van Djotsji, of Goue Horde. Hy het die mag van die Blou en Wit Horde van 1257 tot 1266 gekonsolideer. Hy het sy broer Batoe Khan en broerskind opgevolg as die leier van die Blou Horde (weste) en was verantwoordelik vir die eerste amptelike vestiging van Islam in ’n khanaat van die Mongoolse Ryk.Devin De Weese. "Islamization and Native Religion in the Golden Horde", Penn State Press, 1 September 1994, pg.3

Ná Batoe Khan se dood het sy seun Sartaq hom opgevolg. Ná laasgenoemde se dood was Berke eers die regent vir sy nefie Oelaktsji, wat net 10 jaar oud was, maar in 1257 het Berke khan geword. Hy het aanvalle uitgevoer teen Litoue en Pole, veral om geld te kry om sy neef Hülegü aan te val.

duimnael|305px|Hülegü in Bagdad. Berke en Hülegü Hülegü se ma, Sorghaghtani Beki, was ’n Christen en hy het ’n afkeer van die Islam gehad. Hy was leier van die khanaat in Persië, die Ilkhanaat, en in 1258 het hy Bagdad aangeval en tot op die grond afgebrand. Berke het dit beskou as ’n aanval teen sy mede-Moslems en het wraak gesweer. Hy het Hülegü se leër aangeval en met die Egiptiese Mamelukke saamgespan. Hulle het die Slag van Ain Jalut gewen omdat Hülegü ’n deel van sy leër na Mongolië gestuur het om onder meer die opvolging van Möngke as Groot Khan te reël.

In 1263 het Berke Hülegü se leër verslaan en Hülegü so gekeer in sy poging om die hele Islamitiese wêreld af te brand. Hülegü is in 1265 dood en is opgevolg deur sy seun Abaqa Khan, wat Berke in 1266 vermoor het. Berke is opgevolg deur sy kleinseun Mengoe-Timoer.

Stamboom

Verwysings 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia

Verdere leesstof

Kategorie:Geboortes in 1209 Kategorie:Kiëf-Roes Kategorie:Mongoolse khans Kategorie:Sterftes in 1266