Möngke Khan (Mongools: Мөнх хаан, Chinees: 蒙哥汗; 10 Januarie 1209 – 11 Augustus 1259) was die vierde Groot Khan van die Mongoolse Ryk, van 1 Julie 1251 tot 11 Augustus 1259. Hy was die eerste Groot Khan van die Toloei-lyn en het groot hervormings teweeggebring om die ryk se administrasie te verbeter. Onder Möngke het die Mongole Irak en Sirië verower, sowel as die Koninkryk van Nanzhao.Encyclopædia Britannica "Möngke" Sy opvolger, Koeblai Khan, wat die Yuan-dinastie gestig het, het hom ná sy dood die Sjinese tempelnaam keiser Xianzong van Yuan gegee.

Verwysings

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1209 Kategorie:Mongoolse khans Kategorie:Sterftes in 1259