Wilma Johanna Stockenström (7 Augustus 1933-) is 'n Suid-Afrikaanse skrywer, vertaler en aktrise. Sy skryf hoofsaaklik in Afrikaans en is saam met Sheila Cussons, Elisabeth Eybers, Antjie Krog en Ina Rousseau een van die vernaamste Afrikaanse vroulike skrywers.
Stockenström is in Napier in die Overbergdistrik gebore. Nadat sy hoërskool voltooi het, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch, waar sy in 1952 'n B.A.-graad in drama verwerf. Sy trek in 1954 na Pretoria en trou met die Estlandse taalkundige, Ants Kirsipuu. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.
Sy is een van weinig skrywers wat 'n Hertzogprys in twee afsonderlike kategorieë kon losslaan. Sy wen dit in 1977 vir poësie en in 1991 vir fiksie. Haar 1981-roman, Die kremetartekspedisie, is deur die Nobelpryswenner, J.M. Coetzee in Engels vertaal en onder die titel The Expedition to the Baobab Tree uitgegee. Van haar werk is ook in Nederlands, Frans, Duits, Hebreeus, Italiaans, Turks en Sweeds vertaal.
Skryfwerk
Poësie Vir die bysiende leser, Reijger, Kaapstad, 1970 Spieël van water, Human & Rousseau, Kaapstad, 1973 Van vergetelheid en van glans, Human & Rousseau, Kaapstad, 1976 Monsterverse, Human & Rousseau, Kaapstad, 1984 Die heengaanrefrein, Human & Rousseau, Kaapstad, 1988 Aan die Kaap geskryf, Human & Rousseau, Kaapstad, 1994 Spesmase, Human & Rousseau, Kaapstad, 1999 Die Stomme Aarde: 'n Keur, Human & Rousseau, Kaapstad, 2007 The Wisdom of Water: A Selection (vertaal deur Johann de Lange), Human & Rousseau, Kaapstad, 2007 Skoelapperheuwel, skoelappervrou, Omboni, New York & Pretoria, 1988/2011
Versamelbundels
In 2020 word haar gedigte Jy sien haar nêrens meer nie Ooskus Vrou op duifpote Van vroue Voedselvrou Gebed teen die rede Veldverhaal Naakte byevrou Winterstraat Hier kom die dik dood Dag, my gabba en Diskriminasiein Vers en vrou opgeneem.De Wet, K. (samest.) Vers & vrou. Kaapstad: Human & Rousseau. 2020
Prosa Uitdraai, Human & Rousseau, Kaapstad, 1976 Eers Linkie dan Johanna, Human & Rousseau, Kaapstad, 1979 Die kremetartekspedisie, Human & Rousseau, Kaapstad, 1981 The Expedition to the Baobab Tree (vertaal deur J.M. Coetzee), Human & Rousseau, Kaapstad, 1983 Kaapse rekwisiete, Human & Rousseau, Kaapstad, 1987 Abjater wat so lag, Human & Rousseau, Kaapstad, 1991
Drama
Dawid die dik dom kat: ’n kindertoneelstuk, DALRO, Johannesburg, 1971 Trippens se patatta, DALRO, Johannesburg, 1971 Laaste middagmaal, Taurus, Johannesburg, 1978
Filmografie 1972 – Vlug van die Seemeeu 1977 – Die besoeker/The Guest: An episode in the Life of Eugène Marais as Tant Corrie 1983 – Verspeelde lente as Griet le Roux 1990 – The Fourth Reich as Mrs. Engelbrecht 1992 – Die Storie van Klara Viljee as Miss Lizzie Sauer 1993 – Friends as Iris 1993 – Djadje – Last Night I Fell Off a Horse 2002 – Promised Land as Mart
Eerbewyse 1977 Hertzogprys vir Poësie vir Van vergetelheid en van glans 1984 CNA, Louis Luyt- en Ou Mutual-prys vir Monsterverse 1988 Grinzane Cavour-prys vir Spedizione al Baobab 1991 WA Hofmeyrprys en Hertzogprys vir Abjater wat so lag 2008 SALA Lewenslange Bydrae
Studies oor Wilma Stockenström De Jong, MJ. 1979. Onbetrokke betrokkenheid by mens en wêreld. Die poësie van Wilma Stockenström. Tydskrif vir Letterkunde. Gilfillan, FR. 1990. Wilma Stockenström en die Simbolisme. Literator. Gray, S. 1991. Some notes on further readings of Wilma Stockenström’s slave narrative, The Expedition to the Baobab Tree. Literator. Lombard, Magda en Hein Viljoen. 1993. Die verdonkerende spieël- Simbolistiese trekke in Wilma Stockenström se eerste drie bundels. Literator. Meyer, Susan. 2013. Wat oor is, is die Self- verblyf in ’n boomholte in Wilma Stockenström se Die kremetartekspedisie. LitNet Akademies Geesteswetenskappe. T'Sjoen, Yves. 2012. Sheila Cussons en Wilma Stockenström in de Nederlandse literatuur Aanzetten voor een receptiestudie. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans. Van der Westhuizen, B.. 2002. Destruksie ten minste tien maal beklemtoon – ’n interpretasie van 'Kraak die aardbol langs ’n naat' van Wilma Stockenström. Literator.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse skrywers Kategorie:Geboortes in 1933 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse aktrises van die 20ste eeu Kategorie:Alumni van die Universiteit Stellenbosch