Thames Clippers is 'n rivierbusdiens op die Teemsrivier in Londen. Die maatskappy bied sowel pendelaardienste tussen Oos-Londen se Docklands en Sentraal-Londen asook toeristedienste onder lisensie van London River Services aan. Thames Clippers het sedert sy stigting in 1999 as 'n eenbootonderneming tot 'n vloot van dertien katamarans gegroei wat op hul roetes by alle belangrike hawehowe op die Teems aandoen. Tans word daagliks sowat 8 500 passasiers vervoer. Die katamaranveerbote bereik 'n reisspoed van respektiewelik 25 en 28 knope.

In Augustus 2014 het die Britse kredietkaartverskaffer MBNA, 'n dogtermaatskappy van Bank of America Corporation, bekendgemaak dat hulle die naamregte van Thames Clippers vir 'n termyn van drie jaar gekoop het.The Drum, 21 Augustus 2014: MBNA gains naming rights to Thames Clippers as it aims to ‘digitise the Thames’. Besoek op 16 September 2014

Verwysings

Kategorie:Britse maatskappye Kategorie:Londen