Die Klas MH Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë. Hierdie klas was ontwerp deur die SAS&H in Pretoria onder leiding van die Hoofmeganiese Ingenieur, D.A. Hendrie. Die lokomotief is gebou deur North British Locomotive Company in 1915. Daar is vyf lokomotiewe afgelewer en hulle is aanvanklik gebruik op die Germiston-Witbank trajek. Hulle was die kragtigste lokomotiewe op die Kaapspoor ten tyde van aflewering en was toegerus met Walschaerts-klepratwerk en superverhit. Gedurende die 1930's is hulle oorgeplaas na die Vrystaat en uit diens onttrek teen 1940.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine