Die Klas MJ Mallet-stoomlokomotief is 'n tipe lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is. Hierdie klas was ontwerp deur die hoof-meganiese ingenieur D.A. Hendrie vir gebruik op sylyne. 'n Bestelling van 10 is by Maffei in Duitsland geplaas in 1914. Slegs twee is afgelewer voor die Eerste Wêreldoorlog uitgebreek het. Derhalwe is die res bestel by North British Locomotive Company wat hulle in 1917 afgelewer het. Die laaste agt lokomotiewe van Maffei is in 1921 afgelewer. Hierdie lokomotiewe was superverhit en toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Hulle was die laaste Mallet-lokomotiewe wat uit diens gestel is in 1962 in Oos-Londen.

Klas MJ-1 is soortgelyk aan Klas MJ. Agt lokomotiewe is bestel by die Montreal Locomotive Company in Kanada omrede die Britse verskaffers se produksie tydens die Eerste Wêreldoorlog tot stilstand gekom het. Die lokomotiewe is in 1918 afgelewer. Hulle stoomketels was ietwat groter en daar was 'n sandkas op die stoomketel geïnstalleer; 'n tipiese Noord-Amerikaanse styl. Die lokomotiewe was superverhit en toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Hulle is uit diens gestel in 1960.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine