duimnael|links|Richard Kiel as Voltaire en Michael Dunn as Dr. Loveless in die Amerikaanse televisiereeks The Wild Wild West (1966) Richard Dawson Kiel was 'n Amerikaanse akteur en komediant. Kiel is veral bekend vir sy rol as Jaws, die boef met metaaltande, in die James Bond-rolprente, The Spy Who Loved Me en Moonraker.

As 2,18 m lange akteur het hy veral rolle as reus en boef vertolk. In Moonraker mag hy sy komiese talent wys. Ná 'n mislukte sluipmoordpoging op Bond in Rio de Janeiro word hy die slagoffer van 'n kabelspoor-ongeluk. Hy word deur 'n klein blonde vrou gered, raak verlief op haar en weier vervolgens om aan sy boosdoener-baas gehoorsaam te wees.''

Biografie Richard Kiel is op 13 September 1939 in Detroit, Michigan in die Verenigde State van Amerika gebore.

Kiel trou in 1960 met Faye Daniels, maar hulle is in 1973 geskei. Daarna was hy vanaf 1974 tot sy dood met Diane Rogers getroud. Kiel en Rogers het vier kinders gehad.

Hy is op 10 September 2014 in Fresno, Kalifornië, slegs 3 dae voor sy 75ste verjaarsdag oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu