Die 16de Dinastie (ook Dinastie XVI geskryf) was ’n koningshuis van Antieke Egipte wat tydens die Tweede Oorgangstydperk 70 jaar lankRyholt 1997: 305 oor die Thebaanse streek in Bo-Egipte regeer het.
In dié tydperk (omstreeks 1650 tot 1580 v.C.) is Bo- en Benede-Egipte verdeel tussen die farao's van Thebe en die Hyksos-konings van die 15de Dinastie by Avaris.
Geskiedenis Die voortdurende oorlog teen die 15de Dinastie het die kort bestaan van die 16de Dinastie oorheers. Die soldate van die 15de Dinastie het dorp vir dorp van hul vyande in die suide verower. Hulle het ’n al hoe groter deel van die 16de Dinastie se gebied oorgeneem totdat hulle eindelik Thebe self bedreig en eindelik verower het.
Hongersnood, wat Bo-Egipte ook tydens die 13de en 14de Dinastie geteister het, het voortgeduur tydens die 16de Dinastie, veral met die bewind van Neferhotep III.
Heersers Die tradisionele lys heersers van die 16de Dinastie groepeer konings wat waarskynlik leenhere van die Hyksos was, saam. Van hulle het Semitiese name soos Semqen en Anat-her gehad. Die lys verskil van geleerde tot geleerde. Die lys hieronder is volgens Jürgen von Beckerath. Jürgen von Beckerath: Handbuch der ägyptischen Königsnamen, Münchner ägyptologische Studien, Heft 49, Mainz : P. von Zabern, 1999,
Leenhere van die Hyksos
! scope=col width="30%" | 24px Farao ! scope=col width="20%" | 24px Bewind ! scope=col width="40%" | 16px Notas
|'Anat-Har|| ||Moontlik ’n prins van die 15de Dinastie of ’n Kanaän-hoofman van die tyd van die 12de Dinastie |- |'Aper-'Anati|| ||Kan tot die 15de Dinastie behoort |- |Semqen|| ||Kan tot die 15de Dinastie behoort |- |Sakir-Har|| ||Kan tot die 15de Dinastie behoort |- |Apepi|| ||Kan dieselfde wees as die Hyksos-heerser Apepi |- |Maaibre Sjesji|| ||Kan tot die 14de Dinastie behoort |- |Yaqoeb-Har|| ||Kan tot die laat 14de Dinastie behoort |- |Jamoe|| || |- |Jakebmoe|| || |- |Amoe|| || |- |Sneferanchre Pepi III|| || |- |Hepoe|| || |- |Anati|| || |- |Bebnoem|| || |- |Nebmaare|| ||Kan tot die 17de Dinastie behoort |- |Aahotepre|| ||Kan dieselfde persoon as 'Ammoe wees |- |Anetrire|| || |- |Meribre|| || |- |Noebanchre|| ||Betwis |- |Nikare II|| ||Betwis |- |[...]kare|| || |- |[...]kare|| || |- |[...]kare|| || |- |Sjarek|| || |- |Wazad|| ||Kan tot die 14de Dinastie behoort |- |Qar|| ||Dalk Qareh; kan tot die 14de Dinastie behoort |- |Sjenes|| ||Waarskynlik Sjeneh eerder as Sjenes; kan tot die 14de Dinastie behoort |- |Inek|| || |- |'A[...]|| || |- |'Ap[epi]|| || |- |Hibe|| || |- |Aped|| ||Naam onseker |- |Hapi|| || |- |Sjemsoe|| || |- |Meni[...]|| || |- |Werqa|| ||
Onafhanklike Thebaanse koninkryk In sy 1997-studie van die Tweede Oorgangstydperk meen die Deense Egiptoloog Kim Ryholt dat die 16de Dinastie ’n onafhanklike Thebaanse koninkryk was. Volgens hom was daar 15 konings, waarvan sommige bevestig word deur bronne uit dié tyd.Bourriau 2003: 191 Ryholt lys die konings soos hier onder."Kings of the Second Intermediate Period 16th dynasty"
! scope=col width="30%" | 24px Farao ! scope=col width="20%" | 24px Bewind ! scope=col width="40%" | 16px Notas
|Onbekend || 1649–1648 v.C. || Naam verlore in die Turynse koningslys |- |Djehoeti|| 1648–1645 v.C. || |- |Sobechotep VIII|| 1645–1629 v.C. || |- |Neferhotep III|| 1629–1628 v.C. || |- |Seanchenre Mentoehotepi|| 1628–1627 v.C. || |- |Nebiryraw I|| 1627–1601 v.C. || |- |Nebiriaoe II|| 1601 v.C. || |- |Semenre|| 1601–1600 v.C. || |- |Seoeserenre Bebianch|| 1600–1588 v.C. || |- |Sechemre Sjedwast|| 1588 v.C. || |- | Onbekend|| 1588–1582 v.C.||Vyf konings se name verlore
Verwysings
Bibliografie
16