Stephen Amell (gebore 8 Mei 1981) is 'n Kanadese akteur wat die rol van Oliver Queen in die TV-reeks The Arrow vertolk.
Persoonlike Lewe Amell is gebore in Toronto, Ontario. Hy is die neef van die akteur Robbie Amell.
Hy is op 25 Desember 2012 getroud met die aktrise en model, Cassandra Jean op die Karibiese Eilande; en is weer, vir 'n tweede keer, getroud op 26 Mei 2013 in New Orleans. Die paartjie het 'n dogter, Mavi Alexandra, wat in Oktober 2013 gebore is.
Loopbaan duimnael|links|Stephen Amell by die 2012 San Diego Comic-Con International
Amell het gedurende 2004 in drie episodes van die vierde seisoen van Queer as Folk verskyn. Amell het ook die rol van Adam vertolk in die eerste seisoen van die TV-reeks Dante's Cove; hy is in die tweede seisoen met Jon Fleming vervang.
In 2007 het Amell 'n Gemini-prys ontvang vir sy rol in ReGenesis. Hy is dieselfde jaar benoem vir 'n Gemini-toekenning in die kategorie Best Ensemble Cast vir Rent a Goalie.
Hy het herhalende rolle gehad in die TV-reekse Da Kink in My Hair en Heartland.
Op 3 Desember 2010 het Amell aangesluit by die span van The Vampire Diaries as die weerwolf 'Brady' vir die tweede seisoen.
Amell het ook verskyn as Joran van der Sloot in die film, Justice for Natalee Holloway wat oorspronklik in Mei 2011 die lig gesien het.
In Oktober 2011 het seisoen 3 van HBO se reeks Hung vertoon met Amell in die rol van Jason, 'n prostituut. Hy het ook verskyn as Jim in die vierde reeks van 90210.
Amell het op 28 Oktober 2011 afgekondig dat die Kersfees-episode van New Girl met Zooey Deschanel en Max Greenfield klaar verfilm is. Hy verwys na sy ondervinding met die vertolking van die rol in 'n onderhoud met Daemon's TV. Op 9 November 2011 is aangekondig dat Amell die rol van Scottie sal vertolk, 'n paramedikus op American Broadcasting Company (ABC) se mediese drama Private Practice.
In Januarie 2012 het Amell 'n rol in die CW-reeks Arrow losgeslaan, vir die vertolking van die strokiesprentkarakter Green Arrow. In Junie 2012 het Amell die rol van Wynn Delaney in Believe Pictures se weergawe van Janette Oke se reeks When Calls the Heart vertolk, wat op 19 Oktober 2013 op die Hallmark-kanaal verskyn het.
Filmografie duimnael|2014 Phoenix Comicon
Films
Jaar Titel Rol 2006 The House Next Door Buddy Harrelson 2007 The Tracey Fragments Speurder 2007 Closing the Ring Teddy Gordon 2009 Screamers: The Hunting Guy 2010 The Cutting Edge : Fire & Ice Philip Seaverm 2011 Justice for Natalee Holloway Joran van der Sloot 2011 Stay with Me Travis 2013 When Calls the Heart Wynn Delaney
Televisie
Jaar Titel Rol Episode 2004 Queer as Folk Instrukteur 2 episodes 2004 Degrassi: The Next Generation Portier Episode: "Ghost in the Machine: Deel 2" 2005 Missing Ian Harrington Episode: "Paper Anniversary" 2005 Tilt 'Bellboy' Episode: "Rivered" 2005 Beautiful People Jason 5 episodes 2005 Dante's Cove Adam 2 episodes 2006–2008 Rent-a-Goalie Billy 18 episodes 2007 ReGenesis Craig Riddlemeyer 2 episodes 2007–2012 Heartland Nick Harwell 6 episodes 2007–2009 Da Kink in My Hair Matthew 4 episodes 2009 Flashpoint Peter Henderson Episode: "Exit Wounds" 2010 Blue Mountain State Travis 2 episodes 2010 CSI: Miami Peter Truitt Episode: "Sleepless in Miami" 2010 NCIS: Los Angeles Marine Gunnery Sergeant Andrew Weaver Episode: "Bounty" 2011 The Vampire Diaries Brady 2 episodes 2011 CSI: Crime Scene Investigation A.J. Gust Episode: "73 Seconds" 2011 Hung Jason 10 episodes 2011 90210 Jim 2 episodes 2011–2012 New Girl Kyle 2 episodes 2012 Private Practice Scott Becker 7 episodes 2012–2020 Arrow Green Arrow / Oliver Queen / The Arrow Hoofkarakter 2014–present The Flash Episode: "Pilot"
Videospeletjies
Jaar Titel Rol 2013 Injustice: Gods Among Us Stem van die Green Arrow
Toekennings en nominasies Jaar Toekenning Kategorie Werk Resultaat 2007 2007 Gemini Toekennings Beste Akteur in 'n gas rol – Dramtiese Reeks ReGenesis Wen 2007 2007 Gemini Toekennings Beste Vertolking in a Komediereeks of Program Rent-a-Goalie Nominasie 2008 2008 Gemini Toekennings Beste Vertolking in a Komediereeks of Program Rent-a-Goalie Nominasie 2012 IGN Toekennings Beste TV Held Arrow Nominasie 2013 NewNowNext Toekennings 'Cause You're Hot' Arrow Nominasie 2013 2013 Teen Choice Toeknnings Beste TV Akteur – Fantasie / Sci-Fi Arrow Nominasie 2013 2013 Teen Choice Toekennings Best Nuweling Arrow Nominasie 2014 IGN Toekennings Beste TV Held Arrow Nominasie – 2de plek 2014 40ste People's Choice Toekennings Gunsteling Sci-Fi/Fantasie TV Akteur Arrow Nominasie 2014 Leo Toekennings Beste manlike hoofkarakter in 'n dramatiese reeks Arrow Nominasie 2014 Constellation Toekennings Beste Manlike Prestasie in 'n 2013 Sci-Fi TV Episode Arrow Nominasie 2014 Young Hollywood Toekennings Super Superhero Arrow Nominasie
Verwysings
Eksterne Bronne
Kategorie:Geboortes in 1981 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Kanadese manlike akteurs van die 21ste eeu