Die Klas MF Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op die Witbank-Germistontrajek. Daar is veertien lokomotiewe van die American Locomotive Company bestel van 1910 tot 1912. Hierdie stoomlokomotief is gebaseer op die Klas MD maar is superverhit. Hulle is later gebruik op die Oos-Londen hooflyn en is in 1937 uit diens gestel.

Vervaardiger

Die nege Mallet geartikuleerde, saamgestelde stoomlokomotiewe wat aan die Sentrale Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) gelewer is in 1911, is in 1910 en 1911 deur die American Locomotive Company (ALCO) gebou. Hulle was soortgelyk aan die eksperimentele Klas MD wat in 1910 afgelewer is, maar was met Schmidt oorverhitters en Walschaerts-klepratwerk toegerus. Hulle is genommer in die reeks 1015-1023.

Suid-Afrikaanse Spoorweë

Die Unie van Suid-Afrika het op 31 Mei 1910 tot stand gekom, volgens die Suid-Afrika-wet wat bekragtig is deur die Parlement van die Verenigde Koninkryk. Een van die klousules in die Wet vereis dat die drie Koloniale Regeringsspoorweë, die Kaapse Regeringspoorweë, die Natalse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR), onder 'n enkele administrasie verenig word om die spoorweë en hawens van die Unie te beheer en te administreer. Nadat die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) tot stand gekom het in 1910, is met die klassifikasie en hernommer van al die spoortuie van die drie samestellende spoorweë begin. Dit het deeglike beplanning vereis en kon eers geïmplementeer word met ingang .

In 1912 is die lokomotiewe in hierdie klas hernommer na 1619-1627 en geklassifiseer as Klas MF van die SAR. 'n Verdere vyf van die soort is deur ALCO afgelewer in November 1911, en is genommer in die reeks 1629-1633, direk op die SAR-rooster.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine