Die Klas MG Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë. Daar was slegs een lokomotief van die klas gebou deur die American Locomotive Company in 1911. Hierdie lokomotief is gebaseer op Klas MF maar het verskeie eksperimentele modifikasies. Dit was nie superverhit nie. Die voorste stel dryfwiele het 'n deursnee van 4-voet 3-duim gehad en die agterste 'n deursnee van 3-voet 10-duim. Beide stelle dryfwiele was toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Daar was gehoop dat so 'n konfigurasie beter versnelling tot gevolg sal hê en ook dat die stoom vloei sal verbeter as gevolg van die verskil in frekwensie van die uitlaatslagte. Hierdie was die enigste ge-artikuleerde lokomotief in Suid-Afrika waarvan die dryfwiele verskillende groottes gehad het. Dit was ook die eerste lokomotief wat met 'n meganiese stoker toegerus was maar dié is later verwyder. Die lokomotief is in 1927 uit diens onttrek.

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine