Die Klas MC Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë en in diens gestel in 1912 om swaar vragte op die KwaZulu-Natal hooflyn te trek. Daar was tien lokomotiewe deur die Britse maatskappy North British Locomotive Company gebou. Hulle is soortgelyk aan Klas MB, toegerus met Walschaerts-klepratwerk en was nie toegerus met 'n superverhitter nie.
Die lokomotiewe is in 1934 uit diens gestel.
Klas MC-1 is dieselfde lokomotief as Klas MC maar is toegerus met superverhitters wat hulle vermoë aansienlik verbeter het. Daar was 12 lokomotiewe van die klas gebou deur North British Locomotive Company in 1914. Hulle het diens gedoen op die KwaZulu-Natal hooflyn, Kaapse Middellande en die Hexrivier-spoorwegpas.
Die lokomotiewe is in 1939 uit diens gestel.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine