Die Klas ME Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Sentrale Suid-Afrikaanse Spoorweë en in diens gestel om op 45-pond spoorlyne te werk. Daar was slegs een lokomotief bestel vanaf die North British Locomotive Company in 1912. Hierdie lokomotief was uniek omrede al vier die silinders hoëdruk tipes was; die standaard Mallet-lokomotief het twee hoëdruk silinders agter gehad en twee laedruk silinders aan die voorkant.
Die lokomotief is toegerus met Walschaerts-klepratwerk en is superverhit. Dit is oorgedra na die Suid-Afrikaanse Spoorweë toe dit tot stand gekom het.
Die lokomotief is in 1937 uit diens gestel.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine