Die Klas MD Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë en in diens gestel in 1910 om swaar steenkooltreine op die Witbank-Germistonhooflyn te trek. Daar was slegs een lokomotief bestel vanaf die American Locomotive Company en dit was superverhit en toegerus met Walschaerts-klepratwerk. Dit is oorgedra na die Suid-Afrikaanse Spoorweë toe dit tot stand gekom het.
Die lokomotief is in 1926 uit diens gestel.
Eksterne skakels
Verwysings
Kategorie:Spoorvervoer in Suid-Afrika Kategorie:Treine