Jean Cook (gebore in Pietermaritzburg, Suid-Afrika op 14 Augustus 1991) is ’n rugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs op flank in die Curriebeker en die Cheetahs in Superrugby speel.

Cook het die Vrystaat in die Cravenweek verteenwoordig op hoërskool. Daarna het hy die Vrystaat in die onder 19-ouderdomsgroep verteenwoordig en in 2011 het hy vir die Ixias van die Sentrale Universiteit van Tegnologie in die Varsityskildtoernooi gespeel. In dieselfde jaar het hy Suid-Afrika by die IRR Junior Wêreldkampioenskap verteenwoordig. In 2012 het hy na Pretoria verhuis waar hy in die Varsitybeker vir die Universiteit van Pretoria en die Blou Bulle uitgedraf het. Hy het ook een wedstryd vir die Bulls in die Superrugbykompetisie gespeel.

In 2014 is hy terug na Bloemfontein waar hy vir die Cheetahs in die Superrugbytoernooi speel.

Eksterne skakels

Jean Cook by itsrugby

Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1991 Kategorie:Lewende mense