Dean Elgar (gebore 11 Junie 1987 in Welkom) is 'n linkshandige Suid-Afrikaanse krieketkolwer wat vir die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan, die Proteas speel. Hy speel in al drie vorms van die spel, maar konsentreer veral op Internasionale eendagwedstryde.

Toetsloopbaan Elgar maak sy debuut vir die Proteas op 30 November 2012 teen Australië. Op 12 Januarie 2013, het Elgar sy eerste toetshonderdtal teen Nieu-Seeland aangeteken. Die uittrede van Graeme Smith het 'n gereelde geleentheid geskep vir Elgar in sy spesialis-posisie as aanvangskolwer in toetskrieket.

Kaptein Elgar het vir Faf du Plessis ingestaan toe hy die eerste toets teen Engeland misgeloop het in 2017, weens die geboorte van sy eerste kind.

Op 4 Maart 2021 het Krieket Suid-Afrika Elgar as Suid-Afrikaanse toetskaptein aangewys; hy vervang Quinton de Kock in dié rol.

Verwysings

Eksterne skakels Dean Elgar by ESPNcricinfo Dean Elgar by CricketArchive

Kategorie:Suid-Afrikaanse krieketspelers Kategorie:Geboortes in 1987 Kategorie:Lewende mense