Die watervaalbos (Brachylaena neriifolia) is 'n boom wat tot 6 m hoog word. Die spesie is endemies aan Suid-Afrika en kom in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap voor en is deel van die fynbos. Die boom groei gewoonlik op rivieroewers. Die blare is smal ellipties en meesal gaafrandig, effens na onder gerol. Die onderkant is witterig.

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Eksterne skakels

neriifolia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika