Cornal Hendricks (18 April 1988 – 14 Mei 2025) was ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat laaste vir die Blou Bulle op vleuel in die Curriebeker en die Bulls in Superrugby gespeel het.
Hendricks het die Boland in alle ouderdomsgroepe tot op seniorvlak verteenwoordig. In 2011 is hy gekies om vir die Suid-Afrikaanse nasionale sewesrugbyspan te speel waar hy tot 2013 sy land in 17 toernooie en ’n wêreldbeker verteenwoordig het. Hy het in 2011 en 2012 aan die Suid-Afrikaanse toernooi deelgeneem, in 2012 en 2013 het hy aan die toernooie in Nieu-Seeland (Auckland), die Verenigde State (Las Vegas), Hongkong, Japan (Tokio), Skotland (Glasgow), Engeland (Londen), Australië (Goudkus) en die Verenigde Arabiese Emirate (Doebai) deelgeneem. Hy is ook in 2012 gekies vir die Suid-Afrikaanse Suidelike Barbarians wat teen Engeland gespeel het. In 2013 was Hendricks deel van die sewespan wat ’n goue medalje by die Wêreldspele in Cali, Colombia, gewen het en is hy ingesluit in die span wat in 2013 aan die Seweswêreldbeker deelgeneem het.
Hendricks is in 2014 beloon met ’n plek in die vergrote Springbokgroep vir ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n Wêreld XV en drie toetswedstryde teen Wallis en Skotland. Op 14 Junie 2014 het Hendricks sy Springbokdebuut teen Wallis gemaak en ’n drie gedruk in sy eerste toets. Hy was ook deel van die Sewespan wat in 2014 ’n goue medalje by die Statebondspele in Skotland gewen het en beoog om aan die Sewestoernooi by die Olimpiese Spele in 2016 deel te neem.
Hy is op 14 Mei 2025 vermoedelik aan ’n hartaanval oorlede.
Toetswedstryde Opponent Gespeel Gewen Gelykop Verloor Drieë Doelskoppe Strafskoppe Skepdoele Punte % Gewen 2 2 0 0 1 0 0 0 5 100,00 2 1 0 1 1 0 0 0 5 50,00 1 0 0 1 0 0 0 0 0 0,00 2 1 0 1 1 0 0 0 5 50,00 1 1 0 0 0 0 0 0 0 100,00 3 2 0 1 2 0 0 0 10 66,67 Algeheel 11 7 0 4 5 0 0 0 25 63,64
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Springbokrugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1988 Kategorie:Sterftes in 2025