Die Pienkjakaranda (Stereospermum kunthianum) is 'n middelgroot boom wat voorkom en groei op termiethope, in oewerbos of op klipperige heuwels in die Zambeziriviervallei. Die boom het aanskoulike pienk blomme met rooi strepies wat in groot pluime gedra word. Die vrug is plat en houtagtig.
Fotogalery
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013
Kategorie:Bome van Afrika