__NOTOC__

Die Mopaniegeeldoring (Rhigozum zambesiacum) is 'n struik of 'n boom wat deel is van die Bignoniaceae familie. Die spesie is inheems in Botswana, Eswatini, Mosambiek, Suid-Afrika en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor, meer spesifiek vanaf die noorde van KwaZulu-Natal, langs die Lebomboberge tot in die Limpoporiviervallei. Die boom kom ook in die Zambeziriviervallei voor. Hierdie boom groei in laagliggende bosveld en op klipperige plekke.

Die boom se FSA-nommer is 676.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Rhigozum Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zimbabwe