230px Biltmore Estate

naby Asheville, Noord-Carolina

Opgerig

Tussen 1889 en 1895

Boustyl

Châteauesque

Argitek

Richard Morris Hunt

Webtuiste Biltmore House Biltmore is 'n groot privaat landgoed en toeristelokpunt in die Blue Ridge-berge naby Asheville in westelike Noord-Carolina. Biltmore House, die hoofgebou op die terrein, het tussen 1889 en 1895 as herewoning in die Châteauesque-styl vir George Washington Vanderbilt II en sy vrou Edith ontstaan. Europese herewonings en kastele, wat die egpaar tydens sy vakansies in die Ou Wêreld bewonder het, het as voorbeeld gedien. Met 250 vertrekke en 'n oppervlakte van meer as 16 000 m² is dit die grootste woning in privaat besit in die Verenigde State.Historylines: Biltmore Estate duimnael|links|220px|Biltmore House se wintertuin duimnael|links|220px|Banketsaal in Biltmore House duimnael|links|220px|Banketsaal in Biltmore House duimnael|links|220px|Kaggel in die banketsaal Die Biltmore-landgoed en -herehuis is vandag steeds in besit van George Washington Vanderbilt II se nakomelinge, maar staan oop vir die publiek. Die herehuis is een van die indrukwekkendste voorbeelde van Gilded Age-boukuns wat bewaar gebly het, net soos die omliggende tuin in die jardin à la française en Engelse landskapstuin-styl 'n beduidende plek in die tuinboukuns inneem wat uit dié periode oorgelewer is. Die American Institute of Architects het die herewoning in 2007 agste geranglys op sy lys van Amerika se gunsteling-boukuns.

Verwysings

Literatuur Henry Wiencek en Donna M. Lucey: National Geographic Guide to America's Great Houses. National Geographic Society 1999, bl. 138-141

Eksterne skakels Amptelike webtuiste van Biltmore

Kategorie:Noord-Carolina Kategorie:Herehuise in die Verenigde State van Amerika