Die sjimpansee (Pan troglodytes) is ’n spesie van mensape. ’n Nabyverwant is die bonobo. Fossiel- en DNS-toetse wys albei spesies is sustersgroepe van die moderne menslike lyn.

Die sjimpansee is bedek met growwe, swart hare, maar het ’n haarlose gesig, vingers, tone, handpalms en voetsole. Dit is sterker gebou as die bonobo; dit weeg tussen 40 en 65 kg en is van kop tot stert sowat 1,3 tot 1,6 m lank. Sjimpansees is agt maande lank dragtig. Babas word op sowat drie jaar gespeen, maar het gewoonlik jare daarna nog ’n sterk verhouding met die ma. Hulle bereik puberteit op sowat 10 jaar en hul lewensverwagting is sowat 50 jaar.

Sjimpansees woon in groepe van 15 tot 150 lede, hoewel individue bedags in veel kleiner groepe rondbeweeg. Die spesie word deur die manlike diere oorheers en lewe volgens ’n streng hiërargie, wat beteken verskille kan gewoonlik sonder geweld opgelos word. Byna alle sjimpanseebevolkings gebruik gereedskap, aangepaste stokke, klippe, gras en blare om heuning, termiete, miere, neute en water bymekaar te maak.

Die sjimpansee is op die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur (IUBN) se lys van bedreigde spesies. Daar is na raming tussen 170 000 en 300 000 sjimpansees oor in die woude en grasvelde van Wes- en Sentraal-Afrika. Hul grootste bedreiging is die vernietiging van hul habitat, wilddiefstal en siektes.

Etimologie Die spesienaam troglodytes (Grieks vir "grotbewoner") is deur Johann Friedrich Blumenbach gebruik in sy boek De generis humani varietate nativa liber, wat in 1776 gepubliseer is.p. 37 in Blumenbach, J. F. 1776. De generis hvmani varietate nativa liber. Cvm figvris aeri incisis. – pp. , 1–100, , Tab. I-II [= 1–2]. Goettingae. (Vandenhoeck).AnimalBase species taxon summary for troglodytes Blumenbach, 1776 beskryf in Simia , weergawe 11 Junie 2011 Die boek is gebaseer op sy verhandeling ’n jaar voor die publikasiedatum slegs vir interne gebruik aan die Universiteit van Göttingen,Kroke, c. 2010. Johann Friedrich Blumenbach. Bibliographie seiner Schriften. Göttingen: Universitätsverlag, No. 1 and 2. en die verhandeling self het dus nie voldoen aan die voorwaardes vir gepubliseerde werke met betrekking tot dierkundige naamgewing nie.Ride, W.D.L. et al. (eds.) (1999) Art. 8.1.1. International Code of Zoological Nomenclature, 4th ed., The International Trust for Zoological Nomenclature, .

Evolusiegeskiedenis Ondanks ’n groot aantal vondste van Homo-fossiele, is sjimpanseefossiele in 2005 vir die eerste keer beskryf. Bestaande sjimpanseebevolkings in Wes- en Sentraal-Afrika oorvleuel nie met die groot fossielvondste van mense in Oos-Afrika nie. Daar is egter nou sjimpanseefossiele uit Kenia aangeteken. Dit sou beteken mense sowel as lede van die Pan-klade het tydens die Middel-Pleistoseen in die vallei van die Groot Skeurvallei voorgekom.

John Gribbin en Jeremy Cherfas meen in hul boeke The Monkey Puzzle: Reshaping the Evolutionary Tree en The First Chimpanzee: In Search of Human Origins sjimpansees en bonobo's kan van Australopithecus afstam.

Taksonomie Volgens DNS-bewyse het die sjimpansee en bonobo moontlik minder as ’n miljoen jaar gelede van mekaar geskei (nes Homo sapiens en die Neanderdallers). Die sjimpanseelyn het sowat 6 miljoen jaar gelede van die laaste gemeenskaplike voorouer van die menslike lyn geskei. Omdat geen spesie behalwe Homo sapiens van die menslike lyn oorleef het nie, is die twee sjimpanseespesies die mens se naaste verwante. Die sjimpanseegenus, Pan, het sowat 7 miljoen jaar gelede van die gorillas se genus afgeskei.

Vier subspesies van die sjimpansee word erken,Groves, Colin. (2001) "Primate Taxonomy", pp. 303-307. Washington, DC: Smithsonian Institution Press, .Hof, Jutta; Sommer, Volker: Apes Like Us: Portraits of a Kinship, Edition Panorama , Mannheim 2010, , p. 114. met die moontlikheid van ’n vyfde: Sentrale sjimpansees, Pan troglodytes troglodytes, in Kameroen, die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Ekwatoriaal-Guinee, Gabon, die Republiek van die Kongo en die Demokratiese Republiek van die Kongo Westelike sjimpansees, Pan troglodytes verus, in Guinee, Guinee-Bissau, Mali, Senegal, Sierra Leone, Liberië, die Ivoorkus en Ghana Nigerië-Kameroen-sjimpansees, Pan troglodytes ellioti (ook bekend as Pan troglodytes vellerosus), in Nigerië en Kameroen Oostelike sjimpansees, Pan troglodytes schweinfurthii, in die Sentraal-Afrikaanse Republiek, Suid-Soedan, die Demokratiese Republiek van die Kongo, Uganda, Rwanda, Burundi, Tanzanië en Zambië Suidoostelike sjimpansees, Pan troglodytes marungensis, in Burundi, Rwanda, Tanzanië en Uganda. Volgens Colin Groves is daar genoeg verskille tussen die noordelike en suidelike bevolkings van P. t. schweinfurthii om dié subspesie te regverdig.

Fisiese eienskappe Die manlike volwasse sjimpansee weeg tussen 40 en 60 kg en die wyfie tussen 32 en 47 kg. Groot, wilde mannetjies kan egter tot 70 kg weeg en mannetjies in aanhouding het al tot 91 kg gehaal.Eskeletons. Eskeletons.org Besoek op 2013-04-18.Burnie D and Wilson DE (Eds.), Animal: The Definitive Visual Guide to the World's Wildlife. DK Adult (2005), Die lengte (gemeet vanaf die neus tot die agterlyf) wissel van 63 tot 94 cm.WCMC Species sheets Mannetjies wat staan, kan tot 1,6 m lank wees en wyfies tot 1,3 m. Hul lywe is bedek met growwe, swart hare, behalwe die gesig, vingers, tone, handpalms en voetsole. Hul spiere is "tot vyf keer digter as mense s’n. So dig dat hulle nie kan swem nie."Yerkes: Link to the Past, Hope for the Future. Whsc.emory.edu. Besoek op 2013-04-18. Sjimpansees is baie vatbaar vir hartvatsiektes. 'n Hartbeentjie, die sg. os cordis is in albei geslagte en op verskillende ouderdomme teenwoordig.

Sjimpansees kom in bome (snags) en op die grond (bedags) voor. Hulle loop of staan gewoonlik op al vier pote, maar kan vir kort entjies op twee pote loop. Hulle loop op hul kneukels, nes gorillas en bonobos, teenoor die orangoetang, wat op die buitekant van sy palms loop.

Ekologie duimnael|250px|’n Sjimpansee in ’n boom met sy prooi. Sjimpansees is hoogs aanpasbaar. Hulle woon in ’n verskeidenheid habitats, onder meer droë grasvelde, immergroen reënwoude en moeraswoude. Hulle het ’n goeie geheue wat hul tuiste aanbetref. Hulle maak elke aand ’n slaapplek in ’n nuwe boom en slaap apart, behalwe die baba- of jong sjimpansees, wat by hul ma slaap.Van Lawick-Goodall, Jane (1968). "The Behaviour of Free-Living Chimpanzees in the Gombe Stream Reserve". Animal Behaviour Monographs (Rutgers University) 1 (3): 167. Wanneer hulle ’n indringer gewaar, sal hulle hard skree en enige voorwerp moontlik gebruik om hulle te verdedig.

Luiperds is ’n groot bedreiging en gevalle is aangemeld waar sjimpansees luiperdwelpies doodmaak, blykbaar hoofsaaklik as ’n beskermingsmetode.

Dieet en jag duimnael|170px|’n Sjimpansee aan die vrugte eet. Sjimpansees verkies vrugte bo enige ander kos en sal dit selfs gaan soek as dit nie volop is nie. Hulle sal ook blare eet. Sade, bloeisels, boombas en gom maak die res van hul plantdieet uit. Hoewel hulle hoofsaaklik planteters is, eet hulle ook heuning, grond, insekte, voëls en hul eiers en klein tot mediumgrootte soogdiere, insluitende ander primate.Isabirye-Basuta G. (1989) "Feeding ecology of chimpanzees in the Kibale Forest, Uganda", pp. 116–27 in: Heltne PG, Marquardt LA (eds.). Understanding chimpanzees. Cambridge, (MS): Harvard Univ Press, . Soogdiere wat hulle eet, sluit in sekere soorte ape, bobbejane, blouduikers, bosbokke en vlakvarke.Boesch C, Uehara S, Ihobe H. (2002) "Variations in chimpanzee-red colobus interactions", pp. 221–30 in: Boesch C, Hohmann G, Marchant LF, editors. Behavioral diversity in chimpanzees and bonobos. Cambridge, England: Cambridge Univ Press, .

Sjimpansees jag soms alleen, en soms in groepe sodat hulle hul prooi makliker kan vaskeer. As hulle saam in bome jag, het elke sjimpansee ’n rol. Sommige sorg dat die prooi in ’n sekere rigting hardloop en jaag hulle sonder om hulle te probeer vang. Ander sal onder bome staan en opklim om te keer dat die prooi in ’n ander rigting hardloop. Dan is daar dié wat vinnig beweeg en die prooi probeer vang, en dié wat wegkruip en die prooi vang as hulle nader kom. Hulle sal sowel volwassenes as kleintjies vang. Hulle is egter bang vir sekere soorte ape en sal die kleintjies probeer gryp sonder om die ma aan te val. Die mannetjies jag meer as die wyfies. Wanneer die prooi gevang is, sal dit verdeel word onder almal wat gejag het, en selfs onder die omstanders.

Gedrag Groepstruktuur duimnael|250px|links|Sjimpansees versorg mekaar. Sjimpansees woon in gemeenskappe van gewoonlik tussen 15 en meer as 150 lede, maar loop meestal rond in kleiner, tydelike groepe van ’n paar individue – dié kan voorkom in enige kombinasie van ouderdom en geslag.Van Lawick-Goodall, Jane (1968). "The Behaviour of Free-Living Chimpanzees in the Gombe Stream Reserve". Animal Behaviour Monographs (Rutgers University) 1 (3): 167. Beide mans en wyfies kan ook alleen rondloop. Hulle het ingewikkelde sosiale verhoudings en bestee baie tyd daaraan om mekaar te versorg (groom).The Chimpanzees of Tanzania". Wild Kingdom. 31 Desember 1976.

Mannetjies vorm die kern van die sosiale struktuur. Hulle loop rond, beskerm groeplede en soek kos. Hulle bly in die gemeenskappe waarin hulle gebore is, maar wyfies kan na ander groepe oorloop as hulle volgroei is. Daarom is mannetjies in ’n groep meer geneig om aan mekaar verwant te wees as aan die wyfies. Onder die mannetjies is daar gewoonlik ’n dominansie-hiërargie en hulle oorheers ook die wyfies. Groepe of individue wyk ook gereeld van die groter gemeenskap af en sluit dan weer later by hulle aan. Dié kleiner groepe kan in ’n verskeidenheid vorme voorkom, om verskeie redes. ’n Groep mannetjies kan byvoorbeeld bymekaarkom om te jag, terwyl ’n groep wyfies saam ’n paar kleintjies kan grootmaak. ’n Individuele sjimpansee sal ander gereeld raakloop, maar feitlik nooit baklei nie – hulle baklei net in groot groepe.

duimnael|Mannetjies in die Mahale Nasionale Park in Tanzanië. Omdat groepe en individue voortdurend kom en gaan, is die struktuur van die gemeenskap baie ingewikkeld. ’n Mannetjie kan byvoorbeeld ná ’n tyd terugkeer en onseker wees of daar enige "politieke skuiwe" tydens sy afwesigheid plaasgevind het; dan sal hy sy heerskappy probeer hervestig. ’n Groot mate van aggressie vind dus plaas binne die eerste vyf tot vyftien minute nadat ’n mannetjie weer by die gemeenskap aangesluit het.Muller, MN. (2002) "Agonistic relations among Kanyawara chimpanzees", pp. 112–124 in: Boesch C, Hohmann G, Marchant LF, editors. Behavioural diversity in chimpanzees and bonobos. Cambridge: Cambridge University Press, .Bygott, JD. (1979) "Agonistic behavior, dominance, and social structure in wild chimpanzees of the Gombe National Park", pp. 73–121 in: Hamburg, DA, McCown, ER (eds.) The great apes. Menlo Park: Benjamin-Cummings, .

Mannetjies behou en verbeter hul sosiale rang deur koalisies te vorm. Dié is gebaseer op ’n sjimpansee se invloed in vyandige interaksies.de Waal, FBM. (1987) "Dynamic of social relationships", pp. 421–429 in: Smuts BB, Cheney DL, Seyfarth RM, Wrangham RW, Struhsaker TT (eds.) Primate societies, Chicago: University of Chicago Press, . As twee sjimpansees in ’n koalisie is, kan hulle ’n derde sjimpansee oorheers wat hulle nie op hul eie sou kon nie, want sjimpansees wat hul hand goed speel, kan mag in aggressiewe interaksies uitoefen ongeag hul rang. Hoe meer bondgenote ’n sjimpansee het, hoe ’n beter kans het hy om ’n oorheersende rol te spel. Mannetjies in ’n koalisie kan egter ook teen mekaar draai as dit hulle pas.Nishida, T., M. Hiraiwa-Hasegawa. (1986) "Chimpanzees and Bonobos: Cooperative Relationships among Males". pp. 165–177 in B.B. Smuts, D.L. Cheyney, R.M. Seyfarth, R.W. Wrangham, T.T. Struhsaker (eds.) Primate Societies. Chicago and London: The University of Chicago Press, .