duimnael|280px|Die ontvangskantoor by die botaniese tuin duimnael|250px|Witpoortjie-waterval in Muldersdrift se loop
Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin (voorheen bekend as die Witwatersrand Nasionale Botaniese Tuin) is 'n 300 hektaar (3 km²) botaniese reservaat in Roodepoort in die noordweste van Johannesburg. Dit is amptelik in 1982 gestig; dus een van die jongste van Suid-Afrika se nasionale botaniese tuine, maar die plek waar dit geleë is, was baie dekades lank reeds gewild by besoekers. Die tuin is die tuiste van 'n bekende paar witkruisarende wat nes gemaak het in die Roodekransrif wat deur die reservaat loop. Die tuin het 'n restaurant, geskenkwinkel en kwekery wat Suid-Afrikaanse inheemse plante verkoop. Die tuin is ook bekend as een van die mooiste botaniese tuine in die wêreld omdat dit 'n waterval insluit wat dig teenaan wye groen grasperke neertuimel.
Ligging Die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin se toegangshek en parkeerterrein is geleë in Beaconweg, Poortview, Roodepoort. duimnael|links|Uitkyk uit die SASOL-voëlskerm in die botaniese tuin.
Sien ook Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut (SANBI) Kirstenbosch in Kaapstad. Pretoria Nasionale Botaniese Tuin
Verwysings
Eksterne skakels
Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin se tuisblad
Kategorie:Plantkunde Kategorie:Suid-Afrikaanse nasionale botaniese tuine