Marlise Joubert (gebore 17 Desember 1945) is ’n bekroonde Afrikaanse digter, skrywer en dramaturg. Sy is getroud met die digter Louis Esterhuizen.
Lewe en werk
Herkoms en vroeë lewe Marlise Joubert is op 17 Desember 1945 op Elim naby Levubu in die destydse Noord-Transvaal gebore. Sy voltooi haar skoolloopbaan op Warmbad in die Waterberge en verwerf ’n B.A. (Bibl.)- en Honneursgraad in Filosofie aan die Universiteit van Pretoria.NB-Uitgewers: http://www.nb.co.za/authors/8558
Loopbaan Sy word bibliotekaresse by verskeie instansies. Na 16 jaar by die Departement Beeldende Kunste van die Universiteit van Stellenbosch, werk sy vir vyf jaar by Protea Boekwinkel op Stellenbosch. In 1970 debuteer Joubert met die digbundel ’n Boot in die woestyn. Daarna volg nog sewe digbundels waarvan die jongste, Bladspieël, in 2015 by Human & Rousseau verskyn het en genomineer is vir die Elisabeth Eybers Poësieprys in 2016, asook die ATKV Poësie Woordveertjie. Sy het drie romans gepubliseer, te wete Klipkus, Oranje Meraai en Ateljee van glas. Klipkus het in Nederlands verskyn as Rode granaat (1981). Sy was die samesteller van vier bloemlesings met gedigte wat by die Versindaba-poësiefeeste in Stellenbosch voorgelees is. Sy is ook die samesteller van ’n bloemlesing met vertalings, In a burning sea, Contemporary Afrikaans Poetry in translation; (with an introduction and selection by André P. Brink), wat in 2014 deur Protea Boekhuis uitgegee word. Sy skryf verskeie radiodramas en is reeds vier keer bekroon in die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie. Van haar kortverhale het in verskeie tydskrifte verskyn. Sy skryf en skilder tans voltyds.Ateljee: http://ateljee.co.za/ Sy is ook die webmeester van die Versindaba-webtuiste.Stellenbosch Writers: http://www.stellenboschwriters.com/joubertm.htmlVersindaba: http://versindaba.co.za/gedigte/marlise-joubert/
Skryfwerk duimnael|links|200px|Marlise Joubert as jong digter. Poësie Haar eerste gedigte skryf sy reeds op sewejarige ouderdom en haar verse word in 1962 in die skooljaarblad gepubliseer. Vanaf 1967 publiseer sy gedigte in Tydskrif vir Letterkunde, Kol, Donga en Contrast. Sy maak haar debuut met die digbundel ’n Boot in die woestyn.Coetzee, A.J. Standpunte. Nuwe reeks 100, April 1972. Hierin bundel sy liefdesverse, waarin sy veral van vergelykings en metafore gebruik maak om verskeie mooi beelde te skep. In die geheel slaag sy egter nie altyd daarin om die verband tussen beeld en toepassing te skep nie en is slegs enkele gedigte deurgekomponeer.
Domus Bouwer, Stephan. Rapport, 4 November 1973.(die Latyn vir “huis”) bevat hoofsaaklik biegpoësie oor ’n romanse en die geliefde. Die bundel se gedigte word in vier afdelings verdeel. Wit water bevat meestal gedigte met verlange na die geliefde en onsekerheid oor die liefde en die geliefde. In Terugreis word reis en die beminde met mekaar vergelyk en met mekaar gelyk gemaak. Skipper onder God bevat ’n lang liefdesvers wat in verskeie outonome dele die hele liefdesgeskiedenis weergee, vanaf die begin tot met afskeid, met al die tussenfases se emosies soos angs, ekstase en droefnis. Uit die Waterberg bevat verse oor die gevoelens van haar jeug en sy sluit die bundel af met die gedig Domus, waarin die hunkering is na ’n eie huis waar sy rustig saam met haar geliefde kan vertoef.
So ver en verderBouwer, Stephan. Rapport, 27 November 1976. bevat, soos die titel aandui, hoofsaaklik reisverse.Cloete, T.T. Tydskrif vir Geesteswetenskappe. Jaargang 17 no.2, Junie 1977. Dit is egter nie net ’n fisiese reis nie, maar ook ’n geestelike een en ’n reis binne verhoudings. Weereens bevat die bundel vier afdelings.Van Tonder, Niel. Beeld, 4 Oktober 1976. As die son weer die appels vang bevat verse oor drome en fantasie, waarin deur vrye assosiasie die verbeelding vrye teuels gegee word, met meermale ’n romantiese droom as kern. Daar is ook ’n aantal verblyfgedigte met Amsterdam as sentrum. Sleutel in my solder bevat verse oor bevrugting, geboorte en moederskap, met Begin van ’n seun wat die ontstaan en eerste lewensjare van ’n seun met mooi beelde verwoord. Op so ’n middag is ’n monoloog wat die moeder aan die seuntjie rig, met die titel wat verwys na ’n sonnige somermiddag. Die slotstrofe staan in kontras met die voorafgaande, want waar die seuntjie heldhaftig die branders trotseer, is hy nou nog duidelik nie gereed vir verantwoordelikheid nie en is die moeder besorg oor sy toekoms. Die afdeling Om aan ’n vriend te dink se verse is meer uiteenlopend van aard. Ligte van stede gee met sy deurgekomponeerde gebruik van skip- en watersimbole die gevoel van vloeibaarheid in die ontwikkelende verhouding tussen twee mense, terwyl die herhaling van die refrein “ligte van Stede” en “sterre van hawens” die rondomtaliedraai van die verhouding en die wentelrestaurant weergee. Om ’n begin te skryf beskryf die onvermoë van die spreker om voorwerpe of haar innerlike gevoelens sinvol weer te gee, met die verlange na die weersiens wanneer die geliefdes se woorde vir mekaar ’n nuwe begin sal wees wat oneindig kan wees. Die laaste afdeling, Droomsap, bevat weer persoonlike liefdesgedigte wat tref met hulle direktheid en eerlikheid van segging.
OntruimingLuyt, Margot Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2002/04/24/4/20.html sit die oorheersende tema van haar werk, naamlik liefdesgedigte, voort.Du Plessis, Phil. Die Burger, 18 Desember 1986. Hierdie keer is die klem egter op die ervaring van ’n mislukte verhouding wat op egskeiding uitloop en die proses om daarna weer normaal te funksioneer. Die titel verwys na ’n proses van emosionele leegmaak.
Na ’n lang stilte publiseer sy die bundelCloete, T.T. Beeld, 30 April 2001. Lyfsange, waar hierdie bundel en Louis Esterhuizen se Opslagsomer met mekaar in gesprek tree.Van Zyl, Wium. Rapport, 5 Augustus 2001. Die bundel het dan ook grootliks ontstaan uit verse wat hulle met die aanvang van hulle liefdesverhouding vir mekaar geskryf het, aanvanklik sonder die bedoeling om dit te publiseer. Die titel beklemtoon beide die lyflikheid (erotiek) en die speelsheid of vreugde van die liefde. Weereens oorheers liefdesgedigte in die bundel, wat gereeld sprankel met die soms verrassende beeldspraak wat haar hele oeuvre kenmerk. Die lofsange oor liefde word volgehou in die drie afdelings van die bundel, waar die eerste afdeling meer besinnend is oor die lewe (met die gedigte oor die ouers ’n hoogtepunt). Hierdie afdeling bevat ook enkele verse oor die verlatenheid na ’n egskeiding. Tong van die vrou tref met sy volkse inslag en irrasionele beelding. Die tweede afdeling stel die geliefde voor en spreek hom aan. Huis is ’n mooi beskrywing van die nuwe liefde en maak gebruik van vele vuurbeelde. Die derde afdeling neem die verhouding verder en ontwikkel dit tot ’n volkomenheid, vol ekstase.
Passies en passasiesCrous, Marius. Rapport, 18 November 2007. se titel verwys enersyds na die liefdes in die spreker se lewe,Du Plooy, Heilna. Beeld, 2 Junie 2008. haar man en ander nabye figure, en andersyds na die interaksie wat sy het met byvoorbeeld filosofiese, literêre, musikale en kunswerke in Afrikaans en ander tale.Odendaal, Bernard. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 45 no. 2, Lente 2008. Die bundel word in vier afdelings verdeel. Die omsingelde huis bevat verse waar die kunstenaar in haar huis droom,Visagie, Andries. Boeke-Insig. No. 3 Herfs 2008. waar sy ook vasgekeer word. Passies is liefdesgedigte, waar die poësie en lewe van die Joodse digter Yehuda Amichai as inspirasie en bron dien. Winterbriewe e.a. bevat verse oor die winter en die koudheid en kaalheid van emosies in hierdie seisoen. Sleursange is verwerkings van spirituele gedigte van regoor die wêreld.
Sy skilder self SplintervlerkOdendaal, B.J. Tydskrif vir Letterkunde, Jaargang 49 no. 1, Herfs 2012. se omslag en die titel van die bundel verwys na beweeglikheid wat aan bande gelê word,Taljaard, Marlies. Rapport, 3 Julie 2011. veral na aanleiding van ’n rugoperasie wat sy moes ondergaan. Die temas van pyn, siekte, magteloosheid en stadige herstel loop dan ook dwarsdeur die bundel. Die bundel word in drie afdelings verdeel. Winterklou bevat gedigte oor ’n rugoperasie wat met sy ongemak en onvermoë ook as metafoor geld vir die verouderingsproses en verlies aan sekuriteit en onafhanklikheid. Rugkaatsing is ’n terugkeer na die tuiste, met sy ondersteuning en vertroude aktiwiteite van skryf en skilder, maar ook herinneringe aan die verlede. Hier vind daar gestadigde fisiese herstel plaas. Die liggaamlikheid en letsels word simbole in die skryfproses. (D)ryfgoed se titel suggereer die onvermoë om betekenis vas te vang en die gevoel van magteloos ronddobber en meegesleur word. Hier is pyn weer ’n deurlopende motief, of dit nou fisiese pyn is of verlange na ’n kind of tye wat verby is. Daar is egter herstel in die hervatting van normale aktiwiteite en die herbesinning oor die kosbaarheid vervat in verhoudings en die alledaagse. In hierdie bundel bereik sy ’n hoogtepunt in haar digkuns met die beleë besinning oor die lewe, verhoudings en kuns.
BladspieëlGouws, Tom. Beeld, 10 Augustus 2015. is ’n lywige bundel van meer as honderd bladsye.Hambidge, Joan. Rapport, 31 Mei 2015: http://joanhambidge.blogspot.co.za/2015/06/marlise-joubert-bladspieel-2015.html Die titel dui reeds die verhouding en bemoeienis met die digkuns aan, met die gedig wat as weergawe of beeld van die emosies van die spreker dien. In die bundel is die digter duidelik bewus van die verganklikheid, met die strewe om lewenservarings op ’n manier te laat voortleef, soos woorde op papier. Die oorwegende tema is dan verhoudings, insluitende met die geliefde, die natuur, kinders en kleinkinders, die liggaam en veral die digkuns, terwyl die bundel ook reisgedigte en politieke verse bevat. Van die sterkste verse betrek die digkuns of digproses. Die reisgedig Vlug besin byvoorbeeld ook oor die skryfproses. Om te dig het die impak van die selfoon op die digkuns as tema, met die tegnologie wat nie die digproses vergemaklik nie. Gesprekke met ander digters word gevind in klein reistog en by die lees van (gesprekke met Louis Esterhuizen) en in ’n dag in die lewe van ’n digter, waar die Estlandse digter Jaan Kaplinski aangespreek word. Tussen gaan en bly is ’n verwerking van ’n gedig van Octavio Paz, terwyl die digters Sappho en Sylvia Plath in ander gedigte betrek word. Die openingsgedig, Herfs, se wens vir ’n langer lewe word ondersteun deur die telkens veranderende refrein wat durende voortgang maar met verandering simboliseer. Agter die lessenaar is ’n lykdig met herinneringe aan die vader.
In 2019 verskyn die bundel Grondwater en sluit aan by die vorige bundels van die digter Marlise Joubert, maar dit het ’n boustof wat getuig van ’n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk. Dit is ’n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op ’n leeftyd, haar jeugjare, die besef van eie sterflikheid, digmaak, sosio-politiese kwessies, kleinkinders en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die self en die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.