Die bergmahonie (Entandrophragma caudatum, Engels: Mountain Mahogany) is 'n groot Suider-Afrikaanse boom wat deel uitmaak van die Mahoniefamilie en wat in KwaZulu-Natal, Eswatini, Limpopo, Mpumalanga, Botswana, Angola, die Kaprivistrook, Zimbabwe, Zambië en Malawi voorkom. In Limpopo word eksemplare selde groter as 10 m, maar in Mosambiek, hoewel yl verspreid, kan die boom tot 20 m hoog word.

In die Krugerwildtuin is dit skaars, en groei slegs in die sandveld rondom Punda Maria en op rotskoppies in die Lebomboberge, en word tot sover suid as die Sabierivier aangetref.

Die boom se FSA-nommer is 293.

Fotogalery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Entandrophragma Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe