Die wildetabak (Nicotiana glauca) is 'n genaturaliseerde, klein struik of boom wat deel van die Solanaceae familie is. Die spesie is inheems aan Argentinië, Bolivië, Brasilië, Chili, Paraguay en Uruguay. Dit het nou 'n onkruid in groot dele van Suid-Afrika geword; behalwe die Kalahari. Dit is 'n slanke boom wat opvallend is langs waterlope, paaie en op ander versteurde plekke. Kenmerkend is die blougroen blare en trosse klein, buisvormige blomme.

Indringerplant Dit is 'n kategorie 1b indringerplant dwarsoor Suid-Afrika, en is veral 'n probleem in bewaringsgebiede soos die Krugerwildtuin. Die plant is onsmaaklik en giftig vir huishoudelike en wilde diere.

Fotogalery

Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Eksterne skakels

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Indringerplante

Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Bolivië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Chili Kategorie:Flora van Paraguay Kategorie:Flora van Uruguay