Die Brandvlei-gevangenis is 'n tronk op die oewers van die Groter Brandvleidam naby Worcester in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die tronk word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur.

Die tronk het 'n maksimum- en minimum-sekuriteitseenheid asook 'n jeugafdeling. Volgens die 2011-sensus het die tronk 'n bevolking van 3 020, wat beide prisoniers en personeel insluit.

Sien ook Lys van gevangenisse in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Wes-Kaap Kategorie:Tronke in Suid-Afrika