Die witdoring (Senegalia polyacantha subsp. campylacantha) is 'n boom inheems aan Afrika. In Engels staan die boom bekend as Whitethorn.
Identifikasie Dit is 'n groot bladwisselende boom wat tot 20 m hoog kan word, met 'n relatief spaarsamige, vormlose tot ronde kroon. Die stam is besonders lank, reguit en kaal en dra lang, kaal takke. Ouer bas is donkergrys, lengtegewys redelik diep gegroefd, wat afskilfer in groot kurkagtige vlokke om die nuwe geel bas daaronder bloot te stel.
Die fyn, haarlose blaartjies (5 x 1 mm) word dubbelsaamgestel aan pinnas gedra (tot 40 pare aan 'n pinna, 25 cm lank). Klein rooibruin haakdorings kom aan die onderkant van die strosstingel voor, met 'n buitengewoon groot, ovaal klier aan elke blaarsteel.
Die boom se FSA-nommer is 180.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Gebruike duimnael|links|Blaar
Afweermiddel Die wortels stel chemiese stowwe vry wat krokodille, slange en rotte wegdryf.
Medisinale gebruike 'n Ekstrak gemaak van die witdoring se wortels is bruikbaar teen slangbyt en 'n kind wat rusteloos is snags, se lyf kan hiermee afgespons word.
Hout Die boom se hout is bruikbaar as brandhout, maar sy dorings maak dit effens lastig. Die kernhout het 'n digtheid van ongeveer 705 kg/m³.FAO
Verspreiding Die boom kom voor in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Ethiopië, Gambië, Ghana, Guinee, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe.
In Suid-Afrika kom die spesie in Limpopo voor.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll. 2013. REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Eksterne skakels
Kategorie:Senegalia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Togo Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe