Die brakdoring (Vachellia robusta subsp. clavigera) is 'n doringboom wat in rivieroewerbos groei in die laeveld en noordwaarts tot by die Zambezirivier. Dit is inheems aan Botswana, Eswatini, Malawi, Mosambiek, Namibië, Suid-Afrika, Zambië en Zimbabwe. Dit kom volop voor rondom die Tshokwane-piekniekplek in die Krugerwildtuin. Die boom het heldergroen blare in die lente. Dit is 'n subspesie van die enkeldoring (Vachellia robusta, voorheen bekend as Acacia robusta).

Die boom se FSA-nommer is 183.1.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Vachellia Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe