duimnael|180px|Tatoes is onder vroue ook gewild. duimnael|180px|Jeremy Meeks, ’n oudgevangene en deesdae model, het talle tatoes, onder meer ’n traantatoe by sy linkeroog.
’n Tatoeëermerk of tatoe is ’n vorm van liggaamsmodifisering waar ’n naald gebruik word om ink onder die opperhuid aan te bring om die vel se pigment te verander. Tatoekunstenaars bring inkontwerpe aan deur middel van verskeie metodes en tegnieke, soos tradisionele metodes waar die prieminstrument met 'n hamertjie gekap word en moderne tatoes wat met masjiene aangebring word. Tatoeëring word al duisende jare lank deur baie kulture oor die wêreld heen beoefen, en die simboliek en impak daarvan verskil grootliks van plek tot plek en kultuur tot kultuur.
Die term kom waarskynlik van die Polinesiese woord tatau, wat streep of vlek beteken, en is deur matrose na Europa gebring. Van daar het dit moontlik na die res van die wêreld versprei.
Tatoes kan dekoratief wees (met geen spesifieke betekenis nie), simbolies (met 'n persoonlike betekenis vir die draer), of beeldend ('n beeld van 'n spesifieke persoon of voorwerp). Baie tatoes word in deurgangsrites gebruik, om status en rang aan te dui, as simbole vir godsdienstige en spirituele toewyding, merke van liefde of dapperheid, armbande en talismans, beskerming of as strafmaatreël, soos vir uitgeworpenes, slawe of gevangenes. Uitgebreide kosmetiese tatoeëring word ook deur baie vroue laat aanbring.
Die tatoekuns bestaan al minstens sedert die lewe van die eerste bekende gatatoeëerde mens, Ötzi, sowat 3330 v.C., en tog het die mening van gemeenskappe oor tatoes deur die eeue gewissel. In die 20ste eeu is tatoes oor feitlik die hele wêreld verbind met 'n sekere soort "rowwe" lewenstyl, veral van matrose en gevangenes. Vandag kies mense om verskeie redes om getatoeëer te word: kunstig, kosmeties, sentimenteel, godsdienstig en spiritueel, of om hulle identifisering met sekere groepe (insluitende etniese en misdadigergroepe) te toon. Tatoes kan wys hoe iemand oor 'n familielid (gewoonlik 'n ouer of kind) of oor 'n onverwante persoon voel.
Terminologie Die woord "tatoe" is 'n leenwoord uit die Polinesiese taal Tahitiaans"Tatoe" in die HAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 17 Maart 2023. of Samoaans, vanaf tatau. Die Japannese woord irezumi beteken "invoeging van ink", en kan dui op die tradisionele Japannese handmetode, 'n masjienmetode in 'n Westerse styl of enige metode wat die invoeging van ink behels. Die algemeenste woord vir tradisionele Japannese tatoe-ontwerpe is horimono. Japannese kan die woord "tatoe" gebruik vir enige nie-Japannese metode.
Soorte tatoeëermerke Amateur- en professionele tatoes duimnael|180px|links|Tatoes wat ’n groot deel van die liggaam bedek, is algemeen.
Die simboliek van die tatoe wissel van plek tot plek en van kultuur tot kultuur. Baie tatoes is tekens van passie, status of rang, godsdiens, dapperheid, seksualiteit, liefde, beskerming of assosiasie. Dit is ook dikwels tekens van uitgeworpenes, slawe en gevangenes. Baie gevangenes en misdaadbendes gebruik tatoes om inligting oor hul oortredings te vertoon of aan te dui tot watter bende hulle behoort. In ’n studie is gevind 72 persent van die deelnemers met tatoes aan die gesig, nek, hande of vingers het meer as drie dae in die tronk deurgebring, in vergelyking met 6 persent van dié sonder tatoes.
Vandag laat baie mense hulle tatoeëer vir bloot artistieke redes of om te wys hulle behoort tot ’n sekere groep soos misdaadbendes of ’n etniese groep. In sekere lande word geglo tatoeëermerke het towerkragte wat die draer daarvan beskerm. Artistieke tatoes sluit in kneukeltatoes, genitale tatoes, moutatoes, traantatoes, haartatoes en vollyftatoes.
duimnael|240px|’n Tradisionele Indiaanse tatoe. Onder Sowjetmisdadigers van die 20ste eeu was daar ’n kultuur van tatoeëermerke om iemand se misdaadloopbaan aan te dui, asook sy rang in die Russiese misdaad- en tronkgemeenskap. Veral vir diegene in die Goelagstelsel van die Sowjetera het die tatoes gedien om te onderskei tussen wie hoog aangeskryf was (’n "dief volgens die wet") en wie ’n politieke gevangene was.
Gedwonge tatoeëring duimnael|240px|’n Identifikasienommer wat op ’n Auschwitz-gevangene se arm getatoeëer is. In sommige gevalle in die geskiedenis is mense ook al teen hul wil gatatoeëer. ’n Bekende voorbeeld is die identifikasienommers wat op Jode in konsentrasiekampe aangebring is onder die Nazi-stelsel. Die Nazi's het die praktyk in 1941 in Auschwitz begin om die liggame van geregistreerde gevangenes in die kampe te identifiseer. In die Zhou-dinastie het Chinese owerhede tatoes op mense se gesigte aangebring as ’n straf vir sekere oortredings of om gevangenes of slawe te merk. Ook in die Romeinse Ryk moes soldate, gladiators en slawe tatoeëermerke dra.
Deels vanweë ’n Bybelse uitspraak teen die merk van die liggaam, het keiser Konstantyn die Grote die tatoeëring van gesigte omstreeks 330 n.C. verbied, en die Tweede Konsilie van Nicea het in 787 die tatoeëring van enige deel van die liggaam as ’n heidense gebruik verbied.
Kosmetiese redes Al hoe meer tatoes word gebruik vir kosmetiese doeleindes, soos permanente grimering of om velverkleurings te verbloem. Eersgenoemde sluit die tatoeëring van lippe en oogwenke (omlyner), ooglede (omlyner) en selfs moesies in. Natuurlike kleure word gewoonlik daarvoor gebruik omdat dit veronderstel is om soos grimering te lyk.
’n Toenemende neiging is ook om tatoes aan te bring op merke ná ’n operasie soos ’n mastektomie.Locke, Katherine. 2013. "Women choose body art over reconstruction after cancer battle: Undergoing a mastectomy is a harrowing experience, but tattoos can celebrate the victory over cancer." The Guardian. 7 Augustus 2013. Die tatoeëring van tepels op gerekonstrueerde borste is ook gewild.http://www.bbc.co.uk/news/magazine-25366749
Mediese redes Mediese tatoes word byvoorbeeld gebruik om te verseker instrumente word op die regte plekke aangebring by herhaalde radioterapie of vir die areolas in sommige soorte borsrekonstruksie.
thumb|220px|links|'n Mediese tatoe met die persoon se bloedgroep. Dit is ook al gebruik om mediese inligting oor die draer daarvan oor te dra, soos ’n persoon se bloedgroep of ’n mediese toestand. Alzheimerpasiënte se name kan op hulle getatoeëer word om hulle te identifiseer as hulle vermis raak.Hürriyet Daily News: Tattooist offers to tattoo names of Alzheimer patients in İzmir Tatoes kan ook gebruik word om vitiligo, 'n velpigmentsiekte, te bedek.
Bloedgroeptatoes (Duits: Blutgruppentätowierung) is in die Tweede Wêreldoorlog in Nazi-Duitsland gedra deur lede van die Waffen-SS. Ná die oorlog is die tatoes dikwels gebruik as 'n (onperfekte) bewys dat iemand lid van die SS was, en dit kon tot potensiële inhegtenisneming en vervolging lei. 'n Paar SS-lede het hulle deur die arm geskiet om die tatoe te verwyder.
Tatoes is waarskynlik ook in antieke medisyne gebruik as deel van die pasiënt se behandeling. Die dokter Daniel Fouquet het in 1898 ’n artikel geskryf oor mediese tatoeëerpraktyke in Antieke Egipte. Hy beskryf daarin die tatoes op die vroulike liggame wat op die Deir el-Bahari-terrein gevind is. Hy het vermoed tatoes en ander letsels kon mediese of terapeutiese doeleindes gehad het.Tattooing in Ancient Egypt Part 2: The Mummy of Amunet by Gemma Angel, op 10 Desember 2012.
Ötzi, die ysmummie wat sowat 5 300 jaar gelede geleef het en in 1991 ontdek is, het sowat 60 tatoes aan sy lyf gehad. Dit is geskep deur insnydings in die vel waarin steenkoolpoeier gevryf is en daar word vermoed dit kon ’n behandeling vir sy gewrigslytasie gewees het.The Iceman: Discovery and Imaging - Murphy et al. 226 (3): 614 - RadiologyIceman is defrosted for gene tests | World news | guardian.co.uk
Daar is ook tatoes aan die Siberiese Ysvrou gevind, wat tussen omstreeks die 6de en 2de eeu v.C. in die Siberiese steppe gewoon het en wie se liggaam in 1993 ontdek is.
Geskiedenis thumb|links|220px|Whang-od, die laaste mambabatok (tradisionele tatoeëerkunstenaar) van die provinsie Kalinga in die Filippyne doen 'n batek-tatoe.
Tatoeëermerke op antieke mummies wat bewaar gebly het, wys die tatoeëerkuns word al duisende jare lank oor die hele wêreld beoefen. In 2015 het 'n wetenskaplike herwaardering van die ouderdom van die twee oudste bekende gatatoeëerde mummies bepaal dat Ötzi die oudste bekende voorbeeld is. Sy liggaam, met sowat 60 tatoes, is in gletserys in die Alpe ontdek en dateer van omstreeks 3330 v.C. In 2018 is die oudste figuratiewe tatoes in die wêreld op twee Egiptiese mummies ontdek wat van tussen 3351 en 3017 v.C. dateer.
Antieke tatoeëerkuns is die algemeenste beoefen onder die Austronesiese volke. Dit was een van die vroeë tegnologieë wat in Taiwan en aan die Suid-Chinese kus deur die Proto-Austronesiërs ontwikkel is voor minstens 1500 v.C., voor die Austronesiese uitbreiding na die Indo-Pasifiese eilande. Dit kon oorspronklik verband gehou het met koppesnellery.
Tatoeëertradisies, insluitende tatoes aan die gesig, word onder alle Austronesiese subgroepe aangetref, insluitende Taiwannese Aborigines, Suidoos-Asiatiese eilandbewoners, Mikronesiërs, Polinesiërs en Malgasse. Austronesiërs het die vel gepriem deur die gebruik van 'n klein hamer en 'n priemimplement wat van boomdorings, visbene of oesterskulpe gemaak is.
Antieke tatoeëertradisies het ook voorgekom onder die Papoeas en Melanesiërs, wat unieke priemers van vulkaanglas gebruik het. Sommige argeologiese terreine met dié toerusting word verbind met die Austronesiese migrasie na Papoea-Nieu-Guinee en Melanesië. Ander terreine is egter ouer as dié migrasie en word dateer van omstreeks 1650 tot 2000 v.C. Dit lyk dus of daar 'n reeds bestaande tatoetradisie in die streek was.
Onder ander etnolinguistiese groepe wat ook die tatoeëerkuns beoefen het, tel die Ainoe van Japan; sommige Austro-Asiate van Indo-China; Berbervroue van Noord-Afrika; die Joroeba-, Fulani- en Hausavolk van Nigerië; inheemse Amerikaners van die Amerikas voor Columbus;Evans, Susan, Toby. 2013. Ancient Mexico and Central America: Archaeology and Culture History. 3rd Edition. en die Pikte van Brittanje in die Ystertydperk.
Europa thumb|160px|Giolo (regte naam Jeoly) van die Filippyne wat deur William Dampier gevange geneem en in 1691 in Londen op 'n skou uitgestal is, totdat hy drie maande later aan pokke dood is. Dampier het 'n fortuin uit hom gemaak.Savage, John (c. 1692). "Etching of Prince Giolo" . State Library of New South Wales.
In 1566 het Franse matrose 'n Inuïtiese vrou en haar kind in die hedendaagse Labrador in Kanada gevange geneem en hulle na Antwerpen in die Nederlandse Republiek gebring. Die ma was gatatoeëer, maar die kind nie. In Antwerpen is die twee in 'n plaaslike kroeg ten toon gestel tot minstens 1567. Pamflette wat die geleentheid adverteer, is in die stad versprei. In 1577 het die Engelse kaapvaarder Martin Frobisher twee Inuïte gevang en na Engeland gebring om uit te stal.
In 1691 het William Dampier 'n getatoeëerde man van die Filippyne, Jeoly of Giolo, na Londen gebring. Hy het Jeoly op 'n menslike skou ten toon gestel en 'n fortuin gemaak deur hom 'n "prins" te noem en groot skares te lok. Ten tyde van die uitstalling het Jeoly nog gerou oor sy ma, wat Dampier ook gevang het, maar op die reis ter see dood is. Drie maande later het Jeoly gesterf. Die vel is van sy liggaam gestroop en sy liggaam is daarna sonder die vel ten toon gestel. Die gatatoeëerde vel is verkoop en in Oxford uitgestal.Mangubat (2017). The True Story of the Mindanaoan Slave Whose Skin Was Displayed at Oxford. Esquire.
thumb|links|160px|'n Portret van Omai, 'n getatoeëerde man van Raiatea wat deur kaptein James Cook na Europa gebring is.