Die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste is een van die departemente van die Suid-Afrikaanse regering. Die departement is vir die land se gevangenisstelsel verantwoordelik. Hulle het ongeveer 34 000 personeellede in diens wat 240 tronke met 189 748 prisoniers administreer. Hierdie tronke sluit minimum-, medium-, en maksimum-sekuriteitstronke in. Die politieke hoof van die departement is die Minister van Korrektiewe Dienste. Minister Michael Masutha het die pos tot 2018 beklee. Die hoofkantoor is in die wes-blok van die Poyntons-gebou in Pretoria."Kontak ons ." Departement van Korrektiewe Dienste. Besoek op 15 September 2010. "National Department (Head Office) Physical Address: 124 Church Street Cnr Shubart Str Poyntons Building (West Block) Pretoria"
Fasiliteite Die 240 tronke wat deur die departement bestuur word, word as volg ingedeel: 8 tronke vir vroue 13 tronke vir jeugdiges 40 vir mans 72 vir beide mans en vroue 5 wat tans tydelik gesluit is of opgeknap word
Bekende tronke Drakenstein-gevangenis in die Paarl Kgosi Mampuru II-beheergebied in Pretoria Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad Westville-gevangenis in Durban Zonderwater-gevangenis in Cullinan Johannesburg-gevangenis, bynaam "Sun City"
Ander tronke Baviaanspoort noordoos buite Pretoria Grootvlei-gevangenis suid buite Bloemfontein Goedemoed-gevangenis in die Suid-Vrystaat, Aliwal-Noord-omgewing Leeuwkop-gevangenis wes van Kyalami in Midrand Rooigrond-gevangenis by Mahikeng Kokstad maksimumgevangenis, suide van KwaZulu-Natal Wesbank-gevangenis in Oos-Londen
Verwysings
Eksterne skakels Die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste se amptelike webtuiste
* Kategorie:Regering van Suid-Afrika