Joe Paul-Foster (gebore Johan de Jongh van Arkel Vorster) is 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, sanger, tv aanbieder, akteur en motiverende spreker. Hy is 'n voormalige lid van die mansgroep ADAM. Hy het verskeie trefferliedjies soos “Pad Na Jou Hart”, “Vir My Gemaak”, "Gebore om jou lief te hê", "Hartklop", “Mona Lisa” en "Hart se volkslied" geskryf.
Vroeë lewe en uitbeelding Hy matrikuleer aan die Hoërskool Florida in Gauteng.
Loopbaan Foster het reeds op agtjarige ouderdom in musiek begin belangstel. Op 13 skryf hy sy eerste liedjie en op 19 is sy eerste album, Invisble Destiny opgeneem (nie meer beskikbaar is nie). Na die opname van Invisble Destiny het hy 'n kwalifikasie in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Technology College in Amsterdam in die Nederland verwerf. Met sy terugkeer het hy sy eie ateljee en platemaatskappy begin en het voltyds as 'n musiekvervaardiger gewerk, onder andere aan albums soos die van Karen Wessels se Hoe durf jy.
In 2010 sluit hy as 'n voltydse lid van die groep ADAM aan. In November 2013 stel hy sy debuut-enkelsnit met die naam, "Pad na jou hart" vry. Dit is die temalied van die gelyknamige rolprent, Pad na jou hart, waarin hy ook as akteur verskyn.
Persoonlike lewe Foster is gay en is getroud met Ziechfried Paul-Foster. Foster ly aan alopesie.
Diskografie 2015: Hartklank 2018: Volgende Stap
Filmografie TV-reekse 2014: Binneland (as homself)
Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
Joe Foster op YouTube
Musiekvideo's
Kategorie:Suid-Afrikaanse musici Kategorie:Afrikaners Kategorie:Lewende mense