Die pambatieboom (Anastrabe integerrima) is 'n struik of klein boom wat voorkom onder die platorand vanaf Gqeberha noordwaarts tot in KwaZulu-Natal. Die boompie groei in oewerbos en aan woudrande. Die blare is styf, donkergroen aan die bokant en gelerig en wollerig aan die onderkant. Die blomme is geel en koppievormig. Die boom se FSA-nommer is 671.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Galery

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika