Die Watervlier (Nuxia oppositifolia) is 'n klein immergroen boom wat deel is van die Stilbaceae familie. Die spesie is inheems in Angola, Demokratiese Republiek die Kongo, Djiboeti, Eswatini, Eritrea, Ethiopië, Jemen, Kenia, Madagaskar, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Somalië, Soedan, Suid-Afrika, Tanzanië, Uganda, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die plant in KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga voor. Die boompie groei langs waterlope, op oewergrond en selfs tussen rotse.
Beskrywing Dit is 'n meerstammige struik of klein boom (tot 8 m hoog) met 'n dun, regop stam en digte blaarbedekking. Takke is dun en reguit en neig om buitentoe te buig in ouer bome. Die bas raak gesplete in lang riwwe wat later in lang repe afdop.
Die glansende, vaalgroen blare is lank en smal (8 x 1 cm), enkelvoudig en in pare gedra. Die uiters fyn en klein, wit blommetjies word in digte bondels op oksels van die laaste paar blare gedra. Die boom se FSA-nommer is 635.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/
Sinonieme Die spesie het twaalf sinonieme: Lachnopylis oppositifolia Hochst. Nuxia autunesii Gilg Nuxia capitata var. tomentella Hochr. Nuxia dentata R.Br. ex Benth. Nuxia dentata var. glutinosa Engl. Nuxia schlechteri Gilg Nuxia tomentella (Hochr.) Jovet Nuxia tomentella f. farinosa Jovet Nuxia tomentella var. meridionalis Jovet Nuxia tomentella f. microphylla Jovet Nuxia tomentella f. subdentata Jovet Nuxia tomentella var. typica Jovet
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings
Bronne Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online REDLIST Sanbi
Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Nuxia Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Djiboeti Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Madagaskar Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe