Die Westville-gevangenis is 'n tronk in Westville, 'n woonbuurt van Durban, Suid-Afrika. Dit is een van die grootste tronke in die land en is die enigste tronk in die Durban-area. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur. Die gemiddelde daaglikse bevolking vir 2010 was 3 281.

Op 21 Februarie 2010 ontsnap die sogenaamde "suikerriet-reeksmoordenaar", Thozamile Taki, saam met agt ander verhoorafwagtende gevangenes uit die tronk. Hulle saag deur 'n staaldeur en roosterhekke en ontvlug uit die tronk se "Medium A"-afdeling. Teen 7 Maart 2010 is drie van die ontsnaptes, saam met Thozamile Taki, weer gevang en is een gevangene deur die polisie geskiet.

Sien ook Lys van gevangenisse in Suid-Afrika

Verwysings

Kategorie:Geboue en strukture in Durban Kategorie:Tronke in Suid-Afrika