Pollsmoor-gevangenis is 'n tronk in Tokai, 'n woonbuurt van Kaapstad, Suid-Afrika. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste bestuur.
Pollsmoor is 'n maksimum-sekuriteitstronk waaruit gevangenis weinig kans het om te ontsnap. Van Suid-Afrika se gevaarlikste misdadigers word hier aangehou. Die gevangenis het 1 278 personeellede en kan 4 336 aangehoudendes akkommodeer. Hoewel die aantal gevangenes daagliks wissel, huisves die tronk tans meer as 7 000.
Nelson Mandela was die bekendste gevangene wat hier aangehou is. Marlene Lehnberg, die sogenaamde Skêrmoordenares, het haar vonnis hier uitgedien, maar is in 1986 op parool vrygelaat. Walter Sisulu en Ahmed Kathrada, albei anti-apartheid-aktiviste, was hier opgesluit. Allan Boesak het sy tronkstraf hier uitgedien nadat hy in 2000 aan bedrog skuldig bevind is.
Sien ook Lys van gevangenisse in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Geboue en strukture in Kaapstad Kategorie:Tronke in Suid-Afrika