Die inkbessiebos (Cestrum laevigatum) is 'n genaturaliseerde boom wat oorspronklik van Suid-Amerika kom en 'n onkruid in die trope en subtrope geword het. Die boom in inheems aan Argentinië, Brasilië en Paraguay. Die boom word 'n probleem in versteurde plekke langs die ooskus van noordwaarts vanaf Oos-Londen. Die blare ruik onaangenaam wanneer dit gekneus word.
Dit is nie 'n welbekende feit dat die bos ook hoogs giftig is vir diere nie. Daar is bevind dat dit giftig is vir beeste, skape, bokke en selfs volstruise. Dit word algemeen in tuine geplant as struike en kan later in 'n ernstige probleem ontaard as dit na nabygeleë plase en plotte versprei waar daar vee is. Daar is selfs gevalle van meer as twintig beeste in 'n week se tydperk wat vrek as gevolg van die giftige stowwe in die blaar en stingel van die plant.
Die inkbessiebos is 'n kategorie 1b indringerplant in Suid-Afrika.
Sien ook Lys van uitheemse bome wat in Suid-Afrika voorkom Lys van indringerplante in Suid-Afrika Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Indringerplante Kategorie:Flora van Argentinië Kategorie:Flora van Brasilië Kategorie:Flora van Paraguay