Die Karnmelkspruit is 'n sytak van die Kraairivier in die Senqugebied in die noordoostelike deel van die Oos-Kaap. Dit ontspring in die Witteberg suid van Lesotho, en vloei as 'n stroompie suidweswaarts deur valleie en klowe oos van die dorp Lady Grey tot waar dit verder suid aansluit by die Kraairivier ().
Die spruit word deur 'n historiese treinspoorlyn gekruis (by ), en die Jan Kemp Vorsterbrug (1973) dra die motorverkeer oor die spruit in die rigting van Barkly-Oos, sowat 50 km verder weg.
duimnael|400px|Die ou spoorlyn oor die Karnmelkspruit met sy omkeerhaltes 1 tot 6 350px
Eksterne skakel Google-kaart van die Karnmelkspruit se monding by Geonames.org (cc-by)
Kategorie:Kraairiviersytakke Kategorie:Riviere in Oos-Kaap